Vätternmeer

Vätternmeer

Nasa-Satellietbeeld van die Vätternmeer

Kaart van die Vätternmeer
Koördinate:58°24′N 14°36′O / 58.400°N 14.600°O / 58.400; 14.600 14°36′O / 58.400°N 14.600°O / 58.400; 14.600
Ligging:Swede
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:1 912 km² (738 myl²)[1]
Gemiddelde diepte:41 m (135 vt)[1]
Maksimum diepte:128 m (420 vt)[1]
Volume:77 km³ (18,5 myl³)[1]
Lengte:135 km (84 myl)[2]
Breedte:31 km (19 myl)[2]
Opvangsgebied:6 380 km² (2 463 myl²)[3]
Omtrek:550 km (342 myl)[4]
Invloei:Forsviksån, Tabergsån, Huskvarnaån
Uitvloei:Motala ström
Eiland/e:Visingsö
Nedersettings:Vadstena, Jönköping, Hjo, Askersund, Åmmeberg, Karlsborg

Die Vätternmeer (Sweeds: Vättern, [ˈvɛ̌tːɛɳ]) is die sesde grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 1 912 km². Daarbenewens is dit die naasgrootste meer van Swede net na die Vänernmeer. Dit is in die suide van Swede, tussen Stockholm in die ooste en Gotenburg in die weste, geleë en grens aan die provinsies Västergötland, Närke, Östergötland en Småland.

Kaart van Swede met die Vätternmeer in die suide
'n Sweedse sauna op die bevrore Vätternmeer

Die Vätternmeer vorm saam met die Vänernmeer deel van 'n waterstraat regdeur Swede tussen Gotenburg in die weste en die Oossee in die ooste, wat die Trollhätte-kanaal langs die Göta älv in 'n westelike rigting en die Göta-kanaal in 'n oostelike rigting insluit.

Jaarliks vind in Juniemaand 'n fietstoer rondom die Vätternmeer plaas: Vätternrundan ("Vätternrondvaart"). Dit begin en eindig in Motala en loop oor sowat 300 km. Dit behels geen pryse nie en is oop vir Jan Alleman.

Verwysings

Eksterne skakels