Vermicelli

Vermicelli ("wurmpies" in Italiaans) is ’n tradisionele, ronde soort pasta soortgelyk aan spaghetti.[1] In Italië is vermicelli (2,08 tot 2,14 mm) effens dikker as spaghetti (1,92 tot 2 mm), maar in ander lande soos Amerika is dit soms effens dunner.

Vermicelli
’n Vermicelli-gereg.
’n Vermicelli-gereg.
Soort geregPasta
LandVlag van Italië Italië
HoofbestanddeelMeel, eiers
Soorte pasta, onder meer vermicelli.

Geskiedenis

In die 14de eeu het lang pastavorms se naam van plek tot plek verskil. Barnabas de Reatinis van Reggio noem in sy Compendium de naturis et proprietatibus alimentorum (1338) Toskaanse vermicelli word in Bologna orati genoem, in Venesië minutelli, in Reggio fermentini en in Mantua pancardelle.[2]

Die eerste keer dat ’n vermicelli-resep verskyn het, was in die boek De arte Coquinaria per vermicelli e maccaroni siciliani, wat deur Martino da Como saamgestel is. Dié was in sy tyd ongeëwenaar op sy gebied. In sy Libro de arte coquinaria is daar verskeie resepte vir vermicelli, wat twee tot drie jaar kon hou as dit in die son gedroog is.[3]

Verwysings

Eksterne skakels