Vlag van Oos-Turkestan

Die vlag van Oos-Turkestan, Oeigoeristan of Oos-Turkmenistan, ook bekend as Kök Bayraq (Oeigoers: كۆك بايراق, Көк Байрақ, letterlik: "blou banier") is op 12 November 1933 deur die Oos-Turkestaanse regering goedgekeur.[1] Dit is ’n simbool van die Oos-Turkestaanse onafhanklikheidsbeweging wat vir die selfbeskikking van die Chinese outonome gewes Xinjiang – soms Oos-Turkestan of Oeigoeristan genoem – pleit.[2]

Vlag van Oos-Turkestan
Vlag van Oos-Turkestan
Vlag van Oos-Turkestan
Bynaam (ug) كۆك بايراق, Көк Байрақ, Kök Bayraq ("blou banier")
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Normale of de jure weergawe van vlag, of voorkant
Verhouding 2:3
Goedgekeur 1933
Ontwerp ’n Enkele hemelblou baan met ’n wit ster en sekelmaan effens links van die middel.
Die vlag van Oos-Turkestan langs die vlag van Turkye in Istanboel

Die vlag lyk baie soos die Turkse vlag, insluitende ’n ster en sekelmaan wat die historiese Tengriisme verteenwoordig.[verwysing benodig] Die blou kleur verwys na die Gökturke, ’n groep van antieke nomadiese Turkse volke. Gökturke kan vertaal word as "Hemelse Turke". Soos die vlag van Tibet is die vlag van Oos-Turkestan weens die Oeigoere se strewe na onafhanklikheid in die Volksrepubliek China verbied en die besit of vertoning daarvan sal erg bestraf kan word. In teenstelling daarmee word die Oos-Turkestaanse vlag by pro-Oeigoerse optogte in die Republiek China op Taiwan gebruik.[3]

Ontwerp

Die president van die eerste Oos-Turkestaanse Republiek, Khoja Niyaz, voor die vlag in Januarie 1934
Die vlag van Oos-Turkestan in München, Duitsland
LetterMateLengte
GHoogte
AAfstand tussen die middelpunt van die buitesirkel van die sekelmaan en die soom van die wit band12 G
BDeursnee van die buitesirkel van die sekelmaan12 G
CAfstand tussen die middelpunte van die binne- en buitesirkels van die sekelmaan116 G
DDeursnee van die binnesirkel van die sekelmaan25 G
EAfstand tussen die binnesirkel van die sekelmaan en die (denkbeeldige) sirkel om die ster13 G
FDeursnee van die (denkbeeldige) sirkel om die ster14 G
LWydte1 12 G
MWydte van die wit soom aan die vlagpaalkant130 G


Konstruksietekening

Kleure

In ’n RGB-kleurruimte bestaan die blou kleur van die Oos-Turkestaanse vlag uit 101/183/255 (dec); in heksadesimale kleurkode #65B7FF. In ’n CMYK-kleurruimte bestaan dit uit 58% siaan, 19% magenta, 0% geel en 0% swart. Die blou van die vlag word algemeen as hemelblou beskryf.[4]

Die kleurskema word hieronder gelys:

HemelblouWit
RGB101-183-255255-255-255
Heksadesimaal#65B7FF#FFFFFF
CMYK58, 19, 0, 00, 0, 0, 0

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.