Vrye Demokratiese Party

Die Vrye Demokratiese Party (Duits: Freie Demokratische Partei; FDP) is 'n klassieke-liberale politieke party in Duitsland. Die FDP word tans gelei deur Christian Lindner.[1]

Vrye Demokratiese Party
FDP
Logo van die betrokke party.
LeierChristian Lindner
Gestig12 Desember 1948
Samesmelting vanDemokratiese Party
Demokratiese Volksparty
Demokratiese Liberale Party
HoofkwartierHans-Dietrich-Genscher-Haus
Reinhardtstraße 14
10117 Berlyn, Duitsland
IdeologieKlassieke liberalisme
Amptelike kleureGeel en siaan
Webbladwww.fdp.de
Christian Lindner, die huidige leier van die FDP

Die FDP is in 1948 gestig deur lede van voormalige liberale politieke partye wat voor die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland bestaan het, naamlik die Duitse Demokratiese Party en die Duitse Volksparty. Die grootste deel van die tweede helfte van die 20ste eeu het die FDP die magsbalans in die Bundestag gehou. Dit was aanvanklik 'n hard-regse junior koalisievennoot van die CDU/CSU (1949–1956, 1961–1966), later 'n liberale vennoot van die CDU/CSU (1982-1998 en 2009–2013) en histories van die Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland (1969-1982), toe dit sosiaal-liberaal was. In die federale verkiesing van 2013 kon die FDP geen gekose setels in die Bundestag verower nie en het nie die drumpel van 5 persent bereik vir lysverteenwoordiging nie. In die federale verkiesing van 2017 het die FDP sy verteenwoordiging in die Bundestag teruggekry nadat dit 10,6% van die stemme gekry het.

Verwysings