Wang Mang

Wang Mang (Chinees: 王莽; 45 v.C. - 23 n.C.) was die keiser van China van 9 tot 23 n.C.

Wang Mang
Keiser van die Xin-Dinastie
DinastieXin-Dinastie
Bewind923
Gebore45 v.C.
Dahod, Mogolryk
Gesterf6 Oktober 23 (op 68)
Voorgangergeen, Ruzi Ying as keiser van die Wes-Han-dinastie
OpvolgerKeiser Gengshi van die Xuan-Han-dinastie
GadeKeiserin Wang
Keiserin Shi
Zhenzhi, byvrou
Huaineng, byvrou
Kaiming, byvrou
KindersWang Yu (王宇)
Wang Hue (王獲)
Wang An, prins van Xinqian (王安)
Wang Lin, prins van Tongyiyang (王臨)
Wang Xing, prins van Gongxiu (王興)
Wang Kuang, hertog van Gongjian (王匡)
Lady Wang, keiserin Xiaoping van Han (孝平皇后)
Wang Jie, Lady van Mudai (王捷)
Lady Wang, Lady van Muxiu
VaderWang Man (王曼)
MoederQu (渠)

Hy is die enigste keiser van die Xin-dinastie. Xin beteken vars, nuut. Die keiserlike weduwee was sy tante en hy dien as eerste minister aan die hof van die Westelike Han onder keiser Ai, wat 'n swak en openlik gay vors is. Wang Mang is die sterk man agter die troon en sorg dat Ai se opvolger Ping 'n kind met 'n hartprobleem is. Wanneer Ping ouer word en begin om sy eie beleid in te voer, vermoor Wang Mang hom en sit die laaste keiser van die Westelike Han Ruzi op die troon wat nog 'n baba is. In 9 v.C. verklaar hy dat die Han die Hemelse Opdrag verloor het, en plaas homself op die troon.[1]

Sy tante Wang Zhengjun, die weduwee van keiser Yang, was 'n magtige persoon aan die hof van die laaste Westelike Han-keisers. Sy gee hom die Nege Geskenke (jiuxi), ter erkenning van sy werk, wat sy posisie in die hof versterk. Toe Wang Mang 'n agter-agter-kleinseun van keiser Xuan op die troon plaas, hoewel daar volwasse prinse van 'n ouer generasie was, blokkeer sy pogings van die keiserlike Liu-familie om hom teen te hou. Op 9 Januarie 9 stem sy egter glad nie met hom saaam nie, wanneer hy homself op die troon plaas en om die keiserlike seël vra. Sy skreeu en vloek en werp die seël op die grond, maar dit is nou te laat. In 16 sterf sy 84 jaar oud.[2]

Ekonomiese hervormings

Wang Mang se steun onder die elite is nie groot nie. Daar is talle van prinse uit die huis van Han wat volwassenes is en regte op die troon kan opeis. Hy begin 'n beleid van groot hervormings om die gewone volk se steun te kry. Die slawerny word afgeskaf en die belastingstelsel verander. Hy voer die inkomstebelasting in wat hom baie gehaat maak by die adel.[1]

Hy hervorm die munt in 7, 9, 10 en 14 en dit verteenwoordig 'n afwaardering in 7 en 14. Die markiese en laer edele word gedwing om hulle goud in te wissel teen munte wat minder waarde het. Dit word onwettig om grond te verkoop en al die mans kry 'n standaard stukkie grond. Indien mens meer land as die standaard besit moet hulle dit aan familie of bure gee wat nie genoeg land het nie. In 10 word staatsmonopolies ingevoer op sterk drank, sout en ysterwerktuie. Die staat probeer om die pryse vir graan, weefsels en syde te beïnvloed en te stabiliseer. Hierdie maatreëls word deur sommige geskiedkundiges soos Hu Shih gesien as 'n vroeë vorm van sosialisme wat faal omrede China nog nie ryp vir sulke veranderings is nie, maar ander historici stem nie saam nie.[3]

Boere-opstand

Die dyke van die Huangho-rivier word verwaarloos en sterk reëns sorg vir 'n oorstroming en ekonomiese chaos. Die boere kom in opstand en kleur hule wenkbroue rooi om gevaarlik te lyk. Die opstand se leier Moeder Lu eis terugkeer na die ou stelsel omrede die rampe gesien word as 'n omen dat die Hemel Wang Mang se regering as onregmatig sien. In 17 neem die opstandelinge die hoofstad in, maar die burgeroorlog duur voort tot 23 wanneer Wang Mang vermoor word en die Han-dinastie herstel word, met die meer oostelike stad Luoyang as hoofstad. Dit is hoekom dit die Oostelike Han genoem word. Al Wang Mang se hervormings word teruggedraai en die slawerny word weer ingevoer.[1]

Verwysings

Eksterne skakels