Weidingsindekswaarde

'n Weidingsindekswaarde (WIW) is 'n getal wat uitdruk hoe waardevol 'n plantspesie is as weiding vir vee.

Rooigras is smaaklik en voedsaam en het dus 'n hoë weidingsindekswaarde.

In die Nama-Karoo is daar drie indekswaardes wat gebruik word:

  • Die EIW: die ekologiese indekswaardes van Vorster (1982)
  • Die SWIW: die subjektiewe indekswaardes van Du Toit (1995)
  • Die LnregWIW: waardes bepaal deur 'n regressiemetode wat probeer om die subjektiewe waardes op 'n meer wetenskaplik-gefundeerde grondslag te plaas.

Hoë waardes van die indeks dui aan dat die spesie smaaklik en voedsaam vir die vee is. Die EIW is wetenskaplik gefundeerd, maar nie baie presies nie. Dit het net vier waardes 1, 4, 7 en 10 en dit is nie vir alle spesies bekend nie. Die SWIW is algemener, maar subjektief. Die LnregWIW probeer die voordele van beide saam te vat.[1]

Voorbeelde:

SpesieEIWSWIWLnregWIWOpmerking
Themeda triandra109.306.81Rooigras is 'n smaaklike gras
Eragrostis lehmanniana75.43.24Knietjiesgras is taamlik goed
Aizoon secundum44.702.24Vanwyksbossie is 'n vygie met matige voedsaamheid
Pteronia incana12.701.54T'kaibebos is 'n aromatiese en onsmaaklike struik
Elytropappus rhinocerotis11.000.90Renosterbos is oneetbaar

Verwysings