Knietjiesgras

(Aangestuur vanaf Eragrostis lehmanniana)

Knietjiesgras (Eragrostis lehmanniana) is 'n oorheersende grasspesie in die oostelike Nama-Karoo en die westelike Hoëveld. Die reënval in hierdie gebied is 150 - 220 mm per jaar. [1] Die spesie is ook inheems aan Angola, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe. [2]

Knietjiesgras
Knietjiesgras in die VS
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eensaadlobbiges
Klade:Commelinids
Orde:Poales
Familie:Poaceae
Genus:Eragrostis
Spesie:
E. lehmanniana
Binomiale naam
Eragrostis lehmanniana
Nees
Sinonieme
  • Eragrostis chaunantha Pilg.
  • Eragrostis pseudoteff Peter
  • Eragrostis vansonii Bremek. & Oberm.

Dit is sedert ongeveer 1930 'n ingeburgerde spesie in die suidweste van die Verenigde State.[3] Dit is daar 'n indringerplant wat inheemse grasspesies soos Trichachne californica verdring.[4] Dit is ook in droë dele van Brasilië, Argentinië, Venezuela en Indië ingevoer.[5] Die word vir beweiding as voedsel vir beeste en ander diere gebruik, maar omdat dit 'n uitgebreide wortelstelsel het, ook vir die beheer van erosie.[6]

Die meerjarige plant word 45-61 cm hoog en die halme is amper regop. Die blare is kort, ongeveer 1,5 mm breed en 5-15 cm lank.[4]

Landbou

Die beweidingskapasiteit is taamlik goed

EIWSWIWLnregWIW
Weidingsindekswaarde[7]75.43.24

Verwysings