William Penn Symons

Generaal-Majoor Sir William Penn Symons (1843 – 1899) was 'n Britse soldaat en is in 1843 in Cornwall gebore. In 1863 sluit hy aan by die 24th Regiment of Foot en veg in die Galeka-veldtog in 1877 in Oos-Kaapland en in die Zoeloeoorlog van 1879. Nadat hy jare lank krygsdiens gedoen het in Birma, Indië en elders in die Ooste, is hy net voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog bevorder tot Generaal-majoor en in Natal gestasioneer. 'n Paar dae na die begin van die oorlog is hy by Talanaheuwel noodlottig gewond en is op 20 Oktober 1899 oorlede.

William Penn Symons
William Penn Symons

Geboortedatum17 Julie 1843
GeboorteplekHatt, Cornwall
Sterfdatum23 Oktober 1899 (op 56)
SterfplekTalanaheuwel, Dundee, KwaZulu-Natal
LojaliteitSjabloon:Landdata Verenigde Koninryk
Diens/Tak Britse Leër
Jare in diens1863–1899
RangMajoor-generaal
Eenheid24th Foot
Poste bekleeKriegsakademie
Veldslae/oorloëNegende Grensoorlog
Anglo-Zoeloeoorlog
Derde Anglo-Birmaanse Oorlog
Chin-lushai-veldtog
Mahsoed-veldtog
Tochivallei-veldtog
Tirah Campaign
Tweede Vryheidsoorlog
Toekennings'#Knight Commander of the Order of the Bath

Bron