Belarusse

(Aangestuur vanaf Wit-Russe)
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Belarussies.

Die Belarusse of Wit-Russe (Wit-Russies: беларусы, bielarusy; Russies: белорусы) is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 10,5 miljoen mense inheems aan Belarus (Wit-Rusland). Die meeste Belarusse is Oosters-Ortodokse of ongebonde. Belarusse vorm die titulêre nasie van Belarus, waar hulle 83,7% van dié land se bevolking vorm. Naas Belarusse leef nog sowat 785 000 Russe in Belarus.

Belarusse

Totale bevolking:ca. 10,5 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Belarus Belarus ~8,2 miljoen[1]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 750 000
Vlag van Rusland Rusland 521 443
Vlag van Oekraïne Oekraïne 275 763[2]
Vlag van Letland Letland 68 174[3]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 66 476
Vlag van Pole Pole 47 000[4]
Vlag van Litaue Litaue 36 200[5]
Vlag van Moldowa Moldowa 20 000[6]
Vlag van Australië Australië 20 000[6]
Vlag van Kanada Kanada 15 565[7]
Vlag van Estland Estland 12 327[8]
Vlag van Italië Italië 8 954[9]
Vlag van Frankryk Frankryk 7 500[6]
Vlag van Argentinië Argentinië 7 000[6]
Vlag van Brasilië Brasilië 7 000[6]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 7 000[6]
Vlag van België België 2 000[6]
Vlag van Griekeland Griekeland 1 168[10]
Vlag van Portugal Portugal 744[11]

Taal:Belarussies (minderheid), Russies (meerderheid)
Geloofsoortuiging:Oosters-Ortodokse Kerk, Rooms-Katolieke Kerk, Grieks-Katolieke Kerk en Protestantisme[12]
Verwante etniese groepe:Ander Oos-Slawiese volke soos Oekraïners en Russe[13]
Etniese grondgebied van Belarusse: ██ Volgens Yefim Karsky (1903) ██ Volgens Mitrofan Dovnar-Zapol'skiy (1919) ██ Moderne landgrense

Wêreldwyd leef omtrent 10,5 miljoen Belarusse, waarvan sowat 8,2 miljoen in Belarus, 750 000 in die Verenigde State, 521 443 in Rusland en 275 763 in Oekraïne. Tydens die Russiese Ryk en die Sowjetunie het Belarusse in destydse deelgebiede soos Letland (68 174), Kasakstan (66 476), Litaue (41 100), Moldowa (20 000) en Estland (12 327) gevestig. Daarbenewens het Belarusse nog in lande soos Pole (47 000), Australië (20 000) en Kanada (15 565) gevestig.

Vanaf die 17de eeu is die Belarusse as deel van die Drie-enige Russiese volk beskou, wat uit Groot-Russe, "Klein-Russe" (Oekraïners) asook Belarusse bestaan en uit die Oud-Russiese volk van die Kiëf-Roes ontwikkel het. Dit was die amptelike konsep waarop die Russiese Ryk gegrond is en was tot die uitbreek van die Russiese Rewolusie wêreldwye etnologiese standard.

Verwysings

Eksterne skakels