XSL

XSL (Engelse afkorting vir Extensible Stylesheet Language) is 'n formele taal waarin beskryf word hoe XML-dokumente geformatteer moet word.

Die taal bestaan uit twee dele:

  • XSL Transform (Extensible Stylesheet Language Transformations)
  • XSL-FO (XSL Formatting Objects)

Hoewel daar al heelwat ondersteuning in toepassings (soos weblesers) vir XSLT is, was daar teen 2004 nog min ondersteuning vir XSL-FO, en as daar wel ondersteuning voor is, is dit dikwels nie vir die volledige standaard nie.

Die XML Path-taal (XPath) word in XSL gebruik om te beskryf hoe elemente van 'n XML-dokument bereik kan word.