Gaan na inhoud

Kwantumdinamika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

In fisika is kwantumdinamika die kwantumweergawe van klassieke dinamika. Kwantumdinamika handel oor bewegings, en die uitruil van energie en momentum van stelsels waarvan die gedrag deur die wette van die kwantummeganika beheer word.[1][2] Kwantumdinamika is relevant vir ontluikende velde soos kwantumrekenaars en atoomoptika.

In wiskunde is kwantumdinamika die studie van die wiskunde agter kwantummeganika.[3] Spesifiek, as 'n studie van dinamika, ondersoek hierdie veld hoe kwantummeganiese waarneembare met verloop van tyd verander. Mees fundamenteel is dat dit die bestudering van eenparameter-outomorfismes[Nota 1] van die algebra van alle begrensde operateurs op die Hilbert-ruimte van waarneembares[Nota 2] behels. Hierdie dinamika is reeds in die dertigerjare verstaan, nadat Wigner, Stone, Hahn en Hellinger in die veld gewerk het. Wiskundiges in die veld het onomkeerbare kwantummeganiese stelsels op von Neumann-algebras[Nota 3] bestudeer.[4]

Aantekeningewysig bron

Verwysingswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladGeweldVarkgriepAardverwarmingAardbewingTropiese sikloonSpesiaal:Onlangse wysigingsDroogteCarles PuigdemontNelson MandelaMenseregteEkonomiese sektorKarin HougaardErfenisdag (Suid-Afrika)Ekonomie van Suid-AfrikaPinksterPrimêre sektor van die ekonomieApartheidVulkaanSuid-AfrikaBoelieryRobbeneilandAntoniemErfenisTrappe van vergelykingNazi-DuitslandWaarheid-en-versoeningskommissieGevolge van aardverwarming op oseaneSeksPad na jou hartVergelykings (taalkunde)Selfstandige naamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHolocaustWaterbesoedelingIntensiewe vormGoudMonopolie