1523

jaar
1523
| 15de eeu | 16de eeu | 17de eeu |

◄ ◄ | | 1518 | 1519 | 1520 | 1521 | 1522 | ◄ 1523 ► | 1524 | 1525 | 1526 | 1527 | 1528 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:1523
Kalenders  
Ketters wat verbrand word.
Gregoriaanse kalender1523
MDXXIII
Ab urbe condita2276
Armeense kalender972

ԹՎ ՋՀԲ

Chinese kalender4219 – 4220

己午 – 庚未

Ethiopiese kalender1515 –1516
Hebreeuse kalender5283 – 5284
Hindoekalenders
- Vikram Samvat1578 – 1579
- Shaka Samvat1445 – 1446
Irannese kalender901 –902
Islamitiese kalender929 –929


Die jaar 1523 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 23ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure

Rome

Italië

  • Daar is opnuut 'n pesepidemie in Milaan. Die meeste mense is nie langer as twee dae siek nie en slegs 3% leef langer as 'n week voordat hulle sterf. Vanaf 4 Januarie tot 17 September sterf 1 013 mense.[1]
  • 23 Maart, Milaan - Hertog Francesco II Sforza reik 'n eerste proklamasie uit teen eienaars van gereformeerde boeke, gegee dat "sommige reeds begin het om die Katolieke Geloof te besmet as gevolg van die ketterswerke en valse oortuiging van Fra Martino (Luther)". Hulle moet sulke boeke binne vier dae aan die Grootkanselier inlewer, onder straf van die dood en konfiskering van bates.[2]

Switserland

  • Die stad Zürich neem die protestanse geloof van Zwingli aan.[3]

Frankryk

  • Mei - Die Fakulteit kritiseer koning François I omdat hy Louis Berquin, 'n berugte Lutheraan, beskerm.[4]

Spanje

  • Die Cortes sluit 'n ooreenkoms met Karel V: die stede gaan binnelandse programme en bestuursprosedures formuleer en die koning gaan 'n beleid van institusionele hervorming voer wat die uitvoerende gesag, die regbanke en die kerklike landgoedere betref.[5].

Swede

  • Junie - In Strängnäs word Gustav Eriksson Vasa, die leier van die opstand teen die Deense koning Christiaan II tot koning van Swede verkies. Dit is die einde van die Unie van Kalmar en die burgeroorlog in Swede.[6]

Duitse Ryk

  • Philipp Melanchthon publiseer 'n polemiek oor die pousdom "die Pous-donkie Verklaar" wat noue parallelle vertoon met die Hussitiese geskrif "die Anatomie van die Antichrist".[7]

Nederlande

  • 1 Julie - Brussel, die Augustynse fraters Heinrich Voes en Johann van den Esschen word vanweë kettery verbrand. Hulle is die eerste Protestante wat gedood word. [8]

Meksiko

  • Hernán Cortés verower die provinsie Pánuco, in die binneland naby die huidige Tampico. [9]

China

  • 6 April - Die Portugese probeer opnuut om handel met China te dryf. Die vier skepe wat hulle na Guangzhou stuur word nie toegelaat nie. Die Chinese dood 35 mans en neem 42 gevange., waaronder Pedro Homen hulle leier. Hulle word later ter dood veroordeel.[10]

Geboortes

Sterftes

Verwysings