2017-’18 Pro14-seisoen

Rugbykompetisie tussen Europese en Suid-Afrikaanse rugbyspanne in 2017-’18

Die 2017-’18 Pro14-seisoen (ook bekend as die Guinness Pro14 weens borgskapredes) het op 1 September 2017 afgeskop, met die eindstryd wat op 26 Mei 2018 gespeel is. Dit was die sewentiende seisoen van die kompetisie wat oorspronklik as die Keltiese Ligabeker bekend gestaan het, die eerste van die vergrote 14-span-toernooi en die eerste toernooi wat as Pro14 bekend staan (dit was voorheen as Pro12 en die Keltiese Ligabeker bekend).

2017-’18 Pro14
Amptelike logo

Deelnemende landeVlag van Ierland Ierland
Vlag van Italië Italië
Vlag van Skotland Skotland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Wallis Wallis
KampioenLeinster Rugby (5de titel)
Wedstryde gespeel152
Drieë gedruk898  (gem. 5.908 per wedstryd)
Meeste punte aangeteken160 John Cooney (Ulster)
Meeste drieë gedruk12 Barry Daly (Leinster)

Die veertien spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het verteenwoordig Ierland (Connacht, Leinster, Munster en Ulster), Italië (Benetton Treviso en Zebre), Skotland (Edinburgh en Glasgow Warriors), Suid-Afrika ( Cheetahs en Southern Kings) en Wallis (Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en Scarlets).

Kompetisieformaat

Op 18 Mei 2017 het Europese Professionele Klubrugby (EPKR) veranderinge aangekondig vir hoe Pro14-spanne vir die Europese Rugbykampioenebeker kwalifiseer. Aan die einde van die 2017-’18-seisoen sal die sewe beste spanne outomaties kwalifiseer vir die 2018-’19 Europese Rugbykampioenebeker, ongeag die land van oorsprong (voorheen moes die sewe kwalifiseerders ten minste een span van Ierland, Wallis, Skotland en Italië elk insluit.[1] Die twee Suid-Afrikaanse spanne kom nie in aanmerking vir EPKR-toernooie nie.

Op 30 Junie 2017 is finaal besluit dat die Cheetahs en Southern Kings nie meer aan die Superrugbykompetisie gaan deelneem nie, en dat hulle by die Pro12 ingelyf sou word. Die twee spanne, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en Keltiese Rugby Beperk, organiseerder van die Pro12, het nie kommentaar hierop gelewer nie.[2] Hul betrokkenheid is egter op 1 Augustus 2017 bevestig.[3]

Die veertien spanne word in twee groepe van sewe spanne elk verdeel, elk met twee spanne van Ierland en Wallis en een span van Italië, Skotland en Suid-Afrika.[4] Die rondomtaliedeel bestaan uit 21 rondtes – twaalf tuis- en wegwedstryde teen spanne van dieselfde groep, sewe wedstryde, hetsy tuis of weg, teen spanne van die ander groep en twee streeksderbies.[2][5] Die uitspeelwedstryde sal vir die eerste keer ’n rondte van twee kwarteindstryde hê voor die halfeind- en eindstryde.[6]

Punte

2017-’18 Pro14-punteleërk · w · b
Groep A
SpanSWGVPVPT+/–DVDTDBPVBPPTE
1 Glasgow Warriors211515614366+248813812276
2 Munster211317568361+207784210569
3 Cheetahs211209609554+55756810563
4 Cardiff Blues2111010502482+2056595554
5 Ospreys219012390487–9744605344
6 Connacht217014445477–3253545639
7 Zebre217014408593–18550784436
Groep B
SpanSWGVPVPT+/–DVDTDBPVBPPTE
1 Leinster211416601374+227834610270
2 Scarlets211416528365+16369439370
3 Edinburgh211506494375+11962447168
4 Ulster211227538482+5668618262
5 Benetton Treviso2111010415451–3651556555
6 Dragons212217378672–29443944420
7 Southern Kings211020378829–451481194311
Indien spanne ter eniger tyd gelyk is, word die ontknoping in die volgende volgorde bepaal:[7]
  1. aantal wedstryde gewen;
  2. die verskil tussen punte aangeteken en afgestaan;
  3. die aantal drieë gedruk;
  4. die meeste punte aangeteken;
  5. die verskil tussen drieë gedruk en afgestaan;
  6. die kleinste aantal rooikaarte ontvang;
  7. die kleinste aantal geelkaarte ontvang.
Groen agtergrond is uitspeelplekke en kwalifiseer vir die 2018-’19 Europese Rugbykampioenebeker (sluit Suid-Afrikaanse spanne uit).
Blou agtergrond dui op spanne buite die uitspeelplek wat egter steeds vir die 2018-’19 Europese Rugbykampioenebeker kwalifiseer, insluitend die wenner van die uitspeelwedstryd tussen die vierde Europese spanne in elke groep.
Geel agtergrond dui op verloorder van die uitspeelwedstryd om die sewende kwalifiseerder vir die 2018-’19 Europese Rugbykampioenebeker te wees.
Gewone agtergrond dui op spanne wat in die 2018-’19 Europese Rugbyuitdaagbeker sal speel.

Tabelnotas & Kompetisiereëls

Tabelnotas

  • Pos = Tabelposisie
  • S = Speel
  • W = Wen (4 punte)
  • G = Gelykop (2 punte)
  • V = Verloor (0 punte)
  • PV = Punte vir (Totale punte aangeteken)
  • PT = Punte teen (Totale punte afgestaan)
  • +/– = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte)
  • DV = Drieë gedruk
  • DT = Drieë afgestaan
  • DBP = Drieëbonuspunt
  • VBP = Verliesbonus
  • PTE = Alle punte wat behaal is

Wedstryddatums

DatumDatum
Rondte 11–2 SeptemberSA Derbies13 en 20 Januarie
Rondte 28–9 SeptemberRondte 149–11 Februarie
Rondte 315–17 SeptemberRondte 1516–18 Februarie
Rondte 422–23 SeptemberRondte 1623–25 Februarie
Rondte 529–30 SeptemberRondte 172–4 Maart
Rondte 66–7 OktoberRondte 1823–25 Maart
Rondte 727–28 OktoberRondte 196–8 April
Rondte 83–4 NovemberRondte 2013–15 April13–15 April
Rondte 924–26 NovemberRondte 2113–15 April
Rondte 101–2 DesemberOordeelsdag28–29 April
Rondte 1123–26 DesemberKwarteindronde4–6 Mei
Rondte 1230 Des–1 JanHalfeindronde18–20 Mei
Rondte 135–7 JanuarieEindronde26 Mei
  • Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel word
Voorafgegaan deur
2016-’17 Pro12
Pro14
2017-’18
Opgevolg deur
2018-’19 Pro14

Rondte 1

Rondte 2

Rondte 3

Rondte 4

Rondte 5

Rondte 6

Rondte 7

Rondte 8

Rondte 9

Rondte 10

Rondte 11

Suid-Afrikaanse derby

Rondte 12

Suid-Afrikaanse derby

Rondte 13

Rondte 14

Rondte 15

Rondte 16

Rondte 17

Rondte 18

Rondte 19

Rondte 20

Rondte 21

Oordeelsdag

Uitspeelwedstryde

KwarteindrondeHalfeindrondeEindronde
               
 5 Mei 2018  18 Mei 2018 
  Scarlets43    Glasgow Warriors13 
  Cheetahs8    Scarlets28  26 Mei 2018
        Scarlets32
 5 Mei 2018  19 Mei 2018   Leinster40
   Munster20      Leinster16  
   Edinburgh16    Munster15  



Kwarteindronde

Halfeindronde

Eindronde

Verwysings