2017-Rugbykampioenskapreeks

internasionale rugbyunie toernooi

Die 2017-Rugbykampioenskapsreeks was die sesde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.

2017-Rugbykampioenskap

Kenteken van die Rugbykampioenskap
Datums 19 Augustus - 7 Oktober
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (15 titels)
Wedstryde gespeel 12
Drieë gedruk 87 (7.25 per wedstryd)
Bywoning 367 318 (30 610 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Australië Bernard Foley (80)
Meeste drieë Vlag van Australië Israel Folau
Vlag van Nieu-Seeland Rieko Ioane (5 elk)
2016
2018

Die toernooi het op 19 Augustus afgeskop met Australië teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika teen Argentinië. Die toernooi het agt weke geduur, met twee weke se loslootjies, en afgesluit op 7 Oktober toe Nieu-Seeland teen Suid-Afrika, en Australië teen Argentinië gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 15de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.

Formaat

’n Nieu-Seelandse lynstaan teen Australië in Sydney

Die formaat vir die 2017-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.[1]

Telkaart

NasieWedstrydePunteBonuspunteLigapunte
SpeelWenGelykVerloorVirTeenVerskil
1 Nieu-Seeland6600246119+127428
2 Australië6222195179+16315
3 Suid-Afrika6222152170−18214
4 Argentinië6006110233−12300

Wedstryddatums

DatumDatum
Week 119 AugustusWeek 416 September
Week 226 AugustusWeek 530 September
Week 39 SeptemberWeek 67 Oktober

Week 1

Week 2

Week 3

Week 4

Week 5

Week 6


Rugbykampioenskapreekskampioen 2017
Nieu-Seeland

Statistiek

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
NaamPunte
1 Bernard Foley80
2 Beauden Barrett70
3 Elton Jantjies68
4 Nicolás Sánchez46
5 Israel Folau25
Rieko Ioane
Meeste drieë gedruk:
NaamDrieë
1 Israel Folau5
Rieko Ioane
3 Damian McKenzie4
4 Beauden Barrett3
Kurtley Beale
Ryan Crotty
Will Genia
Siya Kolisi
Marika Koroibete
Nehe Milner-Skudder

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels