Air Hong Kong

Air Hong Kong Beperk (AHK, Chinees: 香港華民航空) is die enigste suiwer vragredery gebaseer in Hongkong, met sy belangrikste sentrum op Hongkong Internasionale Lughawe. Die lugredery bedryf 'n spoedvragnetwerk na 12 bestemmings in nege lande, waaronder China, Japan, Maleisië, die Filippyne, Singapoer, Suid-Korea, Taiwan, Thailand en Viëtnam.

Air Hong Kong
香港華民航空
IATAICAORoepteken
LDAHKAIR HONG KONG
GestigNovember 1986
Eerste vlug4 Februarie 1988
HoofspilleHongkong Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramCargo Clan Elite (by Cathay Pacific Cargo)
Vlootgrootte11
Bestemmings12
HouermaatskappyCathay Pacific (60%)
HoofkantoorHongkong Internasionale Lughawe
Hongkong
SleutelpersoneRupert Hogg (voorsitter)
Russell Davie (hoof uitvoerende beampte)
Andrew Maddox (Direkteur van Vlugoperasies)
Webwerfairhongkong.com.hk
'n Air Hong Kong Airbus A300-600F vragvliegtuig

Air Hong Kong het 'n vloot Airbus A300-600F algemene vragvliegtuie, en die lugredery was ok die bekendstellingskliënt van hierdie nuwe variant. Sy hoofkantoor is geleë op die vierde verdieping van die Suidtoring van "Cathay Pacific City". [1]

Air Hong Kong is in November 1986 deur drie plaaslike sakemanne gestig, wat huurdienste met 'n Boeing 707-320C vragvliegtuig op 4 Februarie 1988 begin het. In Junie 1994 het Hongkong se grootste draer, Cathay Pacific, 75% besit van die lugredery bekom; en die oorblywende 25% in Februarie 2002. In Oktober stig Cathay Pacific 'n gesamentlike onderneming met DHL Worldwide Express (DHL), waarin DHL 'n belang van 40% verkry het, terwyl Cathay Pacific die ander 60% behou het.

Verwysings