Akan

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Akan (volk).

Akan is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 9,1 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Akan-volk gepraat en vorm 'n dialekkontinuum wat verskeie gestandaardiseerde dialekte bevat, elkeen met sy eie letterkundige tradisie. Die drie belangrikste dialekte is Asante, Akuapem (saam Twi genoem) en Fante, wat ondanks die feit dat hulle onderling verstaanbaar was, in geskrewe vorm vir sprekers van die ander standaarde ontoeganklik was. In 1978 het die Akan Ortografiese Komitee 'n gemeenskaplike ortografie ontwikkel, wat 20 000 woorde behels.

Akan
Akan
Gepraat in:Vlag van Ghana Ghana
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus 
Gebied:Wes-Afrika
Totale sprekers:9,1 miljoen[1]
Taalfamilie:Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Kwa
   Potou-Tano
    Tano
     Sentraal-Tano
      Akan 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:geen
Gereguleer deur:Akan Ortografiese Komitee
Taalkodes
ISO 639-1:ak
ISO 639-2:aka
ISO 639-3:onderskeidelik:
abr – Abron-dialek
bqa – Tchumbuli
fat – Fante-dialek
twi – Twi
wss – Wasa

As gevolg van die slawehandel na die ontdekking van die Amerikas in 1492 deur Christophorus Columbus word Akan ook in Jamaika en Suriname gepraat.

Verwysings

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Akan
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Akan