Aswoensdag

eerste dag van Lydenstyd in die Westerse Christelike en Katolieke kalender

Aswoensdag (Latyn: Feria quarta cinerum, letterlik: "vierde dag" (= Woensdag) "van die as" of Dies cinerum, "dag van die as", ook "Asdag" genoem) is in die Rooms-Katolieke Kerk sedert die pontifikaat van Pous Gregorius I (590–604) die eerste dag van die 40 dae se vastyd, waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei.[1] Die dag voor Aswoensdag word Vasaand of Vette Dinsdag genoem.

Skenking van die askruis op die voorkop
Simboliese verpersoonliking van die vastyd tydens Karnaval; 'n detail van 'n skildery deur Pieter Bruegel die Ouere, 1559
Soos op hierdie Poolse skildery kan die as ook in die vorm van 'n kruis op die kop verstrooi word, 1881
Aswoensdag, skildery deur Carl Spitzweg, 1855–1860
Versoeking van Jesus in die woestyn, skildery deur James Tissot, 1886–1894

Op Aswoensdag word tydens die kerkdiens die as van die verbrande palmtakke van verlede jaar gewy en op die voorkop van die gelowiges in die vorm van 'n kruis geteken. Die ontvangs van die askruis word as 'n teken met 'n helende effek, die sakramentaliëe, beskou.

Die vastyd sal aan die 40 dae, wat Jesus met vas en gebed in die woestyn deurgebring het (Matteus 4,2),[2] herinner en die gelowiges op Paasfees voorberei. Omdat die vastyd in die Oosters-Ortodokse Kerk op Sondagaand van die sewende week voor Paasfees begin, is die tradisie van 'n Aswoensdag in die Oosterse liturgie onbekend.

Geskiedenis

Die besprinkeling met as as 'n teken van boete is al in die Ou Testament te vinde:

Daarom het ek my na die Here God gewend in gebed en smeking: ek het gevas, rouklere aangetrek en as oor my kop gegooi.[3]


Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom. Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op 'n ashoop gaan sit.[4]


Sedert die laat oudheid moes Christene, wat tot boetedoening veroordeel is, aan die begin van die vastyd 'n roukleed aantrek en hulle is met as besprinkel.[5] In die Galliese kerk is hulle – nes Adam en Eva se verbanning uit die Tuin van Eden (Beresjiet/Genesis 3,23)[6] – uit die kerk verban. Op Wit-Donderdag is hulle weer toegelaat om die Heilige Kommunie te ontvang. Terwyl hierdie tradisie aan die einde van die 10de eeu in onbruik verval het, het die besprinkeling van die gelowiges met as algemeen geword, nadat eers net enkeles uit solidariteit met die berouvolle hulself ook met as laat bestrooi het. Die eerste gebed ter seëning met as dateer uit die 11de eeu en die voorskrif, die as van die palmtakke van verlede jaar te gebruik, uit die 12de eeu. Tydens die sinode in Benevento (1091) het pous Urbanus II die tradisie van asbesprinkeling vir die hele kerk aanbeveel.[7]

Afhangende van die plaaslike tradisie word die askruis óf in die vorm van 'n kruis op die hoof gestrooi óf op die voorkop geteken; die ontvangs van die as sittend of staande verskil ook van plek tot plek. Met die ontvangs van die askruis word die mens aan sy eie verganklikheid herinner en tot verandering (Grieks: μετάνοια, metánoia, letterlik: "heroorweging", "verandering van hart", omkeer van denke") aangemoedig.

Aswoensdag merk ook die einde van die vasnag. Die Bybel vergelyk die "vleeslik"-gesinde met die geestelik-gesinde mens (o. a. Brief aan die Romeine 8,5).[8] Die afskeid van die vleis tydens die vastyd, wat deur onthouding en vas ook simbolies voltrek word, sal die gelowiges tydens hul fokusering op 'n geestelike lewe en op God self help. In die Rooms-Katolieke Kerk is die Aswoensdag 'n streng dag van vas en onthouding.

Datum

Die datum van Aswoensdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Aswoensdag op die 46ste dag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn is 4 Februarie en die laaste moontlike is 10 Maart.

Data Aswoensdag 2000–2031
JaarDatum
20008 Maart
200128 Februarie
200213 Februarie
20035 Maart
200425 Februarie
20059 Februarie
20061 Maart
200721 Februarie
JaarDatum
20086 Februarie
200925 Februarie
201017 Februarie
20119 Maart
201222 Februarie
201313 Februarie
20145 Maart
201518 Februarie
JaarDatum
201610 Februarie
20171 Maart
201814 Februarie
20196 Maart
202026 Februarie
202117 Februarie
20222 Maart
202322 Februarie
JaarDatum
202414 Februarie
20255 Maart
202618 Februarie
202710 Februarie
20281 Maart
202914 Februarie
20306 Maart
203126 Februarie

Verwysings

Eksterne skakels