Liturgiese jaar

Die liturgiese of kerklike jaar van die Rooms-Katolieke Kerk is nie gelyk aan die Kalenderjaar nie. Dit word ingedeel in twee kringe rondom die groot feesdae Kersfees en Paasfees. Die liturgiese jaar word ingelui met die Kerskring wat begin met die eerste Sondag van Advent (eintlik die vespers of aandgebed op die vooraand van dié Sondag), die Kersmis insluit en op die vierde Sondag ná Driekoningedag (Epifanie) eindig. Vervolgens begin die Paaskring wat, na gelang van die gebruikte liturgiese kalender, begin met Septuagesima (70 dae voor Paasfees) of Aswoensdag. Hierdie kring eindig 50 dae ná Paasfees met Pinkster. Die Sondag daarop volg Trinitatis (Drie-eenheid-Sondag) met die aansluitende 27 Sondae ná Trinitatis. Hierdie periode word verder onderverdeel in die somerkring (Trinitatis en die 12 Sondae daarna) en die herfskring (van die 13de tot die 27ste en laatste Sondag ná Trinitatis). Daarmee is die kring van die liturgiese jaar voltooi.

Oktobermaand in 'n liturgiese kalender, soos vervaardig vir Abbotsbury Abbey. 13de-eeuse manuskrip (British Library, Cotton MS Cleopatra B IX, folio 59r).

Indeling van die Liturgiese jaar

Kerskring

Die Kerskring is die eerste periode van die liturgiese jaar. Dit streek van die eerste Sondag van Advent tot aan die fees van die Doop van Jesus.

Advent

Advent begin op die Sondag wat die naaste aan die fees van die Heilige Andreas (30 November) val. Dié Sondag is tussen 27 November en 3 Desember.

Vanjaar[1]Volgende jaarLiturgiese kleur
So. 3 Des. 2023So. 1 Des. 20241ste Sondag (Levavi)pers
So. 10 Des. 2023So. 8 Des. 20242de Sondag (Populus Sion)pers
So. 17 Des. 2023So. 15 Des. 20243de Sondag (Gaudete)pienk
So. 24 Des. 2023So. 22 Des. 20244de Sondag (Rorate)pers

Kerstyd

Vanjaar[1]Volgende jaarLiturgiese kleur
Ma. 25 Des. 2023Wo. 25 Des. 2024Kersmis: Hoogfees van die geboorte van Jesuswit
Sa. 30 Des. 2023Sa. 28 Des. 2024Heilige Familie
Sondag vóór die oktaafdag van Kersmis, 30 Desember as Kersmis op 'n Sondag sal val
wit
Ma. 1 Jan. 2024Wo. 1 Jan. 2025Hoogfees van Maria (oktaafdag van Kersmis)wit
So. 7 Jan. 2024So. 5 Jan. 2025Driekoningedag of Openbaring van die Here
6 Januarie, maar word in die liturgie op die Sondag ná 1 Januarie gevier
wit
Ma. 8 Jan. 2024So. 12 Jan. 2025Doop van Jesus (1ste Sondag ná 6 Januarie).
Indien die Driekoningedag op 7 of 8 Januarie sal val word die Doop van Jesus op die Maandag van 8 of 9 Januarie gevier.
wit

Hiermee eindig die Kerstyd.

Tyd deur die jaar

Vanjaar[1]Volgende jaarLiturgiese kleur
Vr. 2 Feb. 2024So. 2 Feb. 2025Marialigmis of Opdrag van die Here in die tempel (Marialigmis)wit

In die periode kan die fees van Marialigmis op 'n Sondag val. Dan het dié fees voorrang voor die gewone Sondagliturgie. Die fees sluit al die feeste van die Kerskring af maar is al 'n verwysing na Paasfees.

Paaskring

In die Liturgiese kalender wat gebruik word tydens die gewone vorm van die Romeinse ritus begin die Paaskring met Aswoensdag en eindig met die Hoogfees Pinkster. In die kalender wat gebruik word by die buitengewone vorm begin dié kring Septuagesima (70 dae vóór Paasfees) en eindig vóór die eerste Sondag van Advent.

Veertiendaetyd

Hierdie periode begin op Aswoensdag, eindig met die Alleluia in die Paasnag en staan voor die Vastyd. Die vroeëre benaming van die 5de Sondag was Passiesondag. Die 6de Sondag in die Veertiendaetyd word nou Palmsondagpassie van die Here genoem en lui tewens die Goeie of Heilige Week in.

Vanjaar[1]Volgende jaarLiturgiese kleur
Fout: ongeldige tydWo. 5 Mrt. 2025Aswoensdag: (Miseréris ómnium)
Fout: ongeldige tydSo. 9 Mrt. 20251ste Sondag: (Invocabit me)pers
Fout: ongeldige tydSo. 16 Mrt. 20252de Sondag: (Reminiscere)pers
Fout: ongeldige tydSo. 23 Mrt. 20253de Sondag: (Oculi)pers
Fout: ongeldige tydSo. 30 Mrt. 20254de Sondag: (Laetare)pienk
Fout: ongeldige tydSo. 6 Apr. 20255de Sondag: (Júdica)pers
Fout: ongeldige tydSo. 13 Apr. 2025Palmsondag: (Púeri Hebreaórum)rooi
Fout: ongeldige tydDo. 17 Apr. 2025Wit-Donderdag: (Nos autem)wit
Fout: ongeldige tydVr. 18 Apr. 2025Goeie Vrydagrooi
Fout: ongeldige tydSa. 19 Apr. 2025Heilige Saterdag: (Sabbatum Sanctum)

Paastyd

Die Paastyd is die tyd wat loop vanaf die vooraand van Paasfees (Paasaand en -nag) tot en met Pinkster (50 dae na Paasfees).

Die eerste ag dae van Paasfees vorm die Paasoktaaf, waarby elke dag as een Hoogfees van die Here gevier word, en dus die Gloria en Credo gesing word. Die Sondag waarmee die oktaaf eindig, word Witte Sondag genoem en is die Sondag van die Goddelike Barmhartigheid.

Vanjaar[1]Volgende jaarLiturgiese kleur
Fout: ongeldige tydSo. 20 Apr. 2025Paassondag (Resurréxi)
Fout: ongeldige tydSo. 27 Apr. 2025Witte Sondag (Quasi modo geniti)
Fout: ongeldige tydSo. 4 Mei 20253de Paassondag (Misericórdia Dómini)
Fout: ongeldige tydSo. 11 Mei 20254de Paassondag (Jubiláte Deo)
Fout: ongeldige tydSo. 18 Mei 20255de Paassondag (Cantáte Dómino)
Fout: ongeldige tydSo. 25 Mei 20256de Paassondag (Vocem jucundidátis. Rogate)
Fout: ongeldige tydDo. 29 Mei 2025Hemelvaart van die Here (Viri Galilaei)wit
Fout: ongeldige tydSo. 1 Jun. 20257de Paassondag (Exaudi, Dómine)
Fout: ongeldige tydSo. 8 Jun. 2025Pinkster (Spiritus Dómini)rooi
Fout: ongeldige tydSo. 15 Jun. 2025Trinitatiswit

Hiermee eindig die Paastyd.

Tyd deur die jaar

Vanjaar[1]Volgende jaarLiturgiese kleur
Ma. 24 Jun. 2024Di. 24 Jun. 2025Sint Janwit
Do. 31 Okt. 2024Vr. 31 Okt. 2025Hervormingsdagrooi
Vr. 1 Nov. 2024Sa. 1 Nov. 2025Allerheiligewit
Sa. 2 Nov. 2024So. 2 Nov. 2025Allersielewit

Kleure van die Liturgiese jaar

Die Rooms-Katolieke kerkjaar met die liturgiese kleure
Die Protestantse kerkjaar met die liturgiese kleure

Tydens die Liturgiese jaar word verskillende liturgiese kleure gebruik. Elke kleur het sy eie periode in die Liturgiese jaar en sy eie betekenis.

Pienk

  • Pienk beteken vreugde voor die komende Kersfees en Paasfees.
  • Periode: Word gedra op die derde Sondag van Advent (Gaudete) en die vierde Sondag in die Veertiendaetyd (Laetare).

Pers

  • Pers is die kleur van boete en soberheid.
  • Periode: Word gedra in Advent, die tyd vóór Kersmis en die Veertiendaetyd, die tyd vóór Paasfees en tydens die dienste van die uitvaart en op Allersiele. Net tydens die uitvaart van kinders wat hul sewende lewensjaar nog nie bereik het nie ("Engelsmis"), word 'n wit kasuifel gebruik. Mens dra ook 'n pers kasuifel tydens die Kruisdae (die drie dae vóór Hemelvaartsdag) en die Quatertemperdae.

Wit

  • Wit staan vir suiwerheid en geluk.
  • Periode: wit is die kleur wat mens dra op die dae van die Kerstyd (vanaf die Hoogfees van Kersmis, 25 Desember, tot en met die Fees van die Doop van Jesus, die Sondag ná 6 Januarie). Dit word gedra in die hele Paastyd, op Hemelvaartsdag, en op die feeste van die Here wat nie in verband met Sy lyding staan nie. Verder ook op die feeste van Maria, op die Hoogfees van die geboorte van die heilige Johannes die Doper (24 Junie), sowel as op die Feesdag van die heiligen wat geen martelaars is nie, sowel op 27 Desember, die feesdag van die heilige Johannes, apostel en evangelis en op Trinitatis (die Sondag ná Pinkster). Dit word ook gedra tydens die uitvaart van kleine kinders.

Groen

  • Simbool vir verwagting en hoop
  • Periode: Dit word gedra in die tyd deur die jaar, op die Sondae en weekdae buiten die Kers- en Paastyd, Advent en Veertiendaetyd waar geen verpligte gedagtenis van 'n heilige of fees gevier word nie.

Rooi

  • Simbool: van die liefde en van die Heilige Gees.
  • Periode: Pinkster, by vieringe van die apostels en evangeliste en martelaars.
  • By die viering van die Vormsel.
  • Op die fees van Kruisverheffing (14 September).
  • Op Palmsondag en Goeie Vrydag en in die votiefmis van die lyding van Christus.
  • Tydens die begrafnis van die pous of van kardinale word ook rooi gedra.

Rang van die dae in die liturgiese jaar

Eerste rang

  1. Dae van die Paastriduum, die lyding, sterf en opstaan van die Here. Die Paastriduum begin op die aand van Wit-Donderdag en streek tot en met die aand van Paassondag.
  2. Hoogfeeste Kersfees, Driekoningedag, Hemelvaartsdag en Pinkster.
    Sondae van Advent, Veertiendaetyd, die Paastyd en die tweede Sondag van Kersmis.
    Aswoensdag
    Weekdae van die Goeie of Heilige week van Maandag tot en met Donderdag tot die aand.
    Dae in die oktaaf van Paasfees.
  3. . Hoogfeeste van die Here, die Heilige Maagd Maria en alle heiliges wat in die algemene kalender staan.
    Allersiele.
  4. Alle hoogfeeste uit 'n land waarmee een heilige herdenk word van 'n bisdom, parogie of instansie of die inwyding van 'n kerk.

Tweede rang

  1. Feeste van die Here in die algemene kalender.
  2. Ander Sondae in die Kerstyd[2] en alle Sondae in die Veertiendaetyd.
  3. Feeste van die Heilige Maagd Maria en ander heiliges in die algemene kalender.
  4. Feeste uit 'n land waarmee 'n heilige herdenk word van 'n bisdom, parogie of instansie of die inwyding van 'n kerk.
  5. Weekdae van Advent van 17 Desember tot en met 24 Desember en die weekdae in die oktaaf van Kersmis.[2] Weekdae in die Veertiendaetyd.
  6. Die gewone Sondae in die tyd deur die jaar.

Derde rang

  1. Verpligte herdenkings in die algemene kalender.
  2. Verpligte herdenkings uit 'n land waarmee 'n heilige herdenk word van 'n bisdom, parogie of instansie of die inwyding van 'n kerk.
  3. Vrye herdenkings. In die Veertiendaetyd word die verpligte herdenkings vrye herdenkings.
  4. Weekdae in Advent tot en met 16 Desember.
  5. Weekdae in die Kerstyd van 2 Januarie tot en met die Saterdag ná 6 Januarie.
  6. Weekdae in die Paastyd: van die Maandag ná die Paasoktaaf tot en met die Saterdag voor Pinkster.
  7. Weekdae in die tyd deur die jaar.

Verwysings

Eksterne skakels

  • (nl) Liturgiese kalender – op www.katholieknederland.nl
  • (en) "Church year". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Augustus 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.