Berthiëriet

Berthiëriet
 
FormuleFeSb2S4 
OnsuiwerhedeMn, Cu, Pb, Ag  
Kleurdonkerstaalgrys 
Glansmetallies 
Hardheid2-3 (Mohs) 
Digtheid4,64 g/cm3 
RuimtegroepPnam 
Strukturbericht-kodeE3₃ 
Eenheidsela = 11.44 Å, b = 14.12 Å, c = 3.76 Å
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Berthiëriet is 'n mineraal met die chemiese formule FeSb2S4.[1] Dit is na die Franse chemikus en mineraloog Pierre Berthier (1782-1861) genoem.

Struktuur

Die berthiërietstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se E3₃-struktuur. Die simmetrie is ortorombies en die getal formule-eenhede in die sel Z=4.

atoomnr.xyz
Fe0.3160.334
SbI0.1450.062
SbII0.0370.386
SI0.1950.272
SII0.4240.184
SIII0.2260.492
SIV0.4510.405

Die antimoonatome is omring deur drie swaelatome. Twee van die swaelatome word gedeel met die volgende SbS3-groep. Dit vorm SbS2-kettings ewewydig aan die c-as. Daar is nogtans twee verskillende antimoonatome wat se omringing effens anders is.Die ysteratome is omring deur 'n versteurde oktaëder van swaelatome. Hierdie oktaëders deel 'n rand met die volgende oktaëder wat 'n ketting vorm in die c-rigting. [2]

Verwysings