Boeginees

Bukan aku yang kena bayar

Boeginees (Basa Ugi, ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ; letterlik: "taal van Boegi/Oegi") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Sulawesi van Indonesië gepraat word. Die taal word tans deur sowat 5,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Boeginese, en word met die Latynse alfabet of die Lontara-skrif geskryf.

Boeginees
Basa Ugi, ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ
Gepraat in:Vlag van Indonesië Indonesië 
Gebied:Suidoos-Asië
Totale sprekers:5,5 miljoen[1]
Taalfamilie:Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Kern-Maleis-Polinesies
   Suid-Sulawesi
    Boeginees 
Skrifstelsel:Latynse alfabet (algemeen)
Lontara-skrif (opsioneel)
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:bug
ISO 639-3:bug 
Verspreiding van Boeginees
Die woord "Basa Ugi" in Lontara-skrif

Boeginees was eens saam met Javaans en Maleis een van die tale van die Kaapse Maleiers in Suid-Afrika, toe hulle na die stigting van Kaapstad deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederlands-Indië na die Nederlandse Kaapkolonie gebring is, maar dit is eers deur Nederlands vervang en het later tot Afrikaans ontwikkel.

Verwysings

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Boeginees