Boeing 737

Die Boeing 737 is 'n gewilde kort- tot mediumafstand kommersiële passasierstraalvliegtuig vervaardig deur Boeing Commercial Airplanes sedert 1967.

Boeing 737
'n Boeing 737-700 van Virgin Blue land op Melbourne Internasionale Lughawe (2005)
TipeSmalromp-stralervliegtuig
VervaardigerBoeing Commercial Airplanes
Nooiensvlug9 April 1967
Vrygestel10 Februarie 1968 met Lufthansa
StatusIn gebruik
HoofgebruikerSouthwest Airlines
Ryanair
United Airlines
American Airlines
Vervaardig1966–hede
Aantal gebou10 577[1] (tot April 2020)
Eenheidskoste737-100: VS$32 miljoen[2]
737-600: VS$59,4 miljoen[3]
737-700: VS$80,6 miljoen[4]
737-800: VS$96,0 miljoen[4]
737-900ER: VS$101,9 miljoen[4]
737 MAX 7: VS$90,2 miljoen[4]
737 MAX 8: VS$110,0 miljoen[4]
737 MAX 9: VS$116,6 miljoen[4]
WeergawesBoeing T-43
'n Boeing 737-800 met geboë vlerkpunte
Interieur van die ekonomiese klas van 'n Boeing 737-300
Interieur van die besigheidsklas van 'n Boeing 737NG

Sedert sy bekendstelling in 1967 is reeds meer as 10 500 eenhede verkoop, meer as enige ander kommersiële vliegtuig, byna dubbel die totale Airbus-produksielyn. Alle modelle het twee motore, een onder elke vlerk.

Variante

Daar is/was vier basiese generasies van die 737, genaamd die "Original", "Classic", "Next-Generation" (NG) en "MAX" modelle.

  • Original: die 737-100 en -200 (Vervaardig van 1967 tot 1988)
  • Classic: die 737-300, -400, en -500 (Vervaardig van 1983 tot 1997)
  • Next-Generation (NG): 737-600, -700, -800, en -900 (Vervaardig van 1997 - )
  • MAX (Vervaardig van 2017 - )

Verwysings