Boeing 737 NG

Die Boeing 737 Next Generation, gereeld afgekort as 737NG, of 737 Next Gen, is 'n smalrompvliegtuig aangedryf deur twee straalenjins en vervaardig deur Boeing Commercial Airplanes. Dit is in 1993 as die derde generasie Boeing 737 bekend gestel en sedert 1997 vervaardig.[2] Dit is 'n opgradering van die 737 Classic (−300/-400/-500) reeks.

Boeing 737 Next Generation
Die 737-800 is die besverkoper 737NG variant.
TipeSmalromp-stralervliegtuig
VervaardigerBoeing Commercial Airplanes
Ontwerp deurBoeing Commercial Airplanes
Nooiensvlug9 Februarie 1997
Vrygestel17 Desember 1997
StatusIn gebruik
HoofgebruikersSouthwest Airlines
Ryanair
United Airlines
American Airlines
Vervaardig1993-huidig
Aantal gebou7 105 teen Julie 2023[1]
WeergawesBoeing Business Jet

Die 737 Next Gen het 'n herontwerpte vlerk met 'n groter oppervlakte, 'n groter vlerkspan, groter brandstofkapasiteit, hoër maksimum opstygmassa en 'n langer reikafstand. Dit gebruik CFM International CFM56-7-reeks enjins, het 'n glaskajuit, en opgegradeerde en herontwerpte binnekonfigurasies. Die reeks sluit vier variante in, die -600/-700/-800/-900, met sitplek vir tussen 108 en 215 passasiers. Die 737NG se primêre kompetisie is die Airbus A320-familie.

Boeing sou 737-produksie verhoog van 31,5 eenhede per maand in September 2010 tot 35 in Januarie 2012 en tot 38 eenhede per maand in 2013.[3] Produksietempo was 42 eenhede per maand in 2014, en is beplan om koerse van 47 eenhede per maand in 2017 en 52 eenhede per maand in 2018 te bereik.[4][5][6]

Verwysings