Airbus A320

Die Airbus A320-familie bestaan uit kort- tot mediumreeks smalromp, kommersiële passasiersvliegtuie vervaardig deur Airbus. Die familie sluit die A318, A319, A320 en A321, asook die ACP besigheidstraler in. Die A320s word ook genoem A320ceo (met die huidige enjinopsie) na die bekendstelling van die A320neo.[4] Finale montering van die vliegtuigfamilie word in Toulouse, Frankryk en Hamburg, Duitsland, gedoen. Aan die begin van 2009 het 'n aanleg in Tianjin, China ook begin met die vervaardiging van Airbusvliegtuie vir die Chinese mark.[4] In April 2013 het Airbus 'n nuwe produksiefasiliteit vir die A319, A320, A321 en variasies begin bou in Mobile, Alabama.[5] Die vliegtuigfamilie kan tot 220 passasiers akkommodeer en het 'n reikafstand van 3 100 tot 12 000 km (1 700 tot 6 500 seemyl), afhangende van die model.

Airbus A320

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

Lufthansa A320-211
TipeSmalromp passasierstraler
VervaardigerAirbus
Ontwerp deurAirbus
Nooiensvlug22 Februarie 1987
Bekendstelling28 Maart 1988 met Air France
StatusIn gebruik
HoofgebruikersAmerican Airlines
US Airways[1]
EasyJet
China Southern Airlines
China Eastern Airlines
Aantal gebou10 997 (teen Jul 2023)[2]
EenheidskosteTeen 2018 pryse:[3]
A318: VS$ 77.4 miljoen
A319: VS$ 92.3 miljoen
A320: VS$ 101.0 miljoen
A321: VS$ 118.3 miljoen.

Die eerste lid van die A320 familie – die A320 – is in Maart 1984 van stapel gestuur met sy nooiensvlug op 22 Februarie 1987. Die famile het gou uitgebrei om die A321 (eerste aflewering in 1994), die A319 (1996), en die A318 (2003) in te sluit. Die A320-familie word 'n baanbreker in die gebruik van digitale "fly-by-wire" vlugbeheerstelsels, sowel as systokkontroles, in kommersiële vliegtuie. Sedert sy bekendstelling is daar voortdurende verbeteringsprosesse in plek.

Tydlyn Airbus A3xx-reeks

197019801990200020102020
012345678901234567890123456789012345678901234567890123456789
A220
A300
A310
A318
A319 en A319neo
A320neo
  = In produksieA321 en A321neo
  = Uit produksieA330 en A330neo
  = ToekomsA340
  = Toekomstige modelleA350
A380


Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.