Boris Spasski

Russiese skaakspeler

Boris Vasilievich Spasski (gebore 30 Januarie 1937) is 'n Russiese skaakspeler en grootmeester. Hy is 'n voormalige wêreldkampioen vanaf 1969 tot 1972. Spasski het in drie wêreldkampioenskapstryde gespeel: hy het verloor teen Tigran Petrosian in 1966; hy het vir Petrosian gewen in 1969; en verloor teen Bobby Fischer in die bekende 1972-wêreldskaakkampioenskap.

Boris Spasski
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Boris Spassky in 1984

NaamBoris Vasilievich Spassky
Geboorte30 Januarie 1937 (1937-01-30) (87 jaar oud)
Leningrad
Nasionaliteit(e)Vlag van Rusland Rusland
TitelGrootmeester in 1955
Wêreldkampioen1969–1972

In 1976 het Spasski na Frankryk verhuis en 'n Franse burger geword in 1978. In 2012 het hy teruggekeer na Rusland. Hy is die oudste voormalige wêreldkampioen wat nog lewe.

Vroeë lewe

Spasski is in Leningrad uit Russiese ouers gebore. Sy vader, Vasili Vladimirovich Spasski, was in die weermag werksaam.[1]

Persoonlike lewe

Boris is drie keer getroud. Sy eerste vrou (1959–1961) was Nadezda Konstantinovna Latyntceva. Hulle het een dogter, Tatiana (gebore 1960). Sy tweede vrou was Larisa Zakharovna Solovyova. Hulle het 'n seun, Vasili Solovyov-Spassky (gebore 1967). Sy derde vrou was Marina Yurievna Shcherbachova, getroud in 1975. Hulle het 'n seun, Boris Spassky Jr. (gebore 1980).[2][3]

Boeke

  • Di Felice, Gino (2010). Chess Results, 1956–1960: A Comprehensive Record With 1,390 Tournament Crosstables and 142 Match Scores, With Sources. McFarland. ISBN 0-786-44803-2.
  • Schonberg, Harold C. (1973). Grandmasters of Chess. J.B. Lippincott. ISBN 0-397-01004-4.

Verwysings

Eksterne skakels