Borussia Neunkirchen

Borussia Neunkirchen

Volledige naamBorussia Verein für Bewegungsspiele
Neunkirchen e.V.
Stigtingsdatum1905
TuisveldEllenfeld,
Neunkirchen
Kapasiteit29 200
KompetisieOberliga Suidwes

Borussia Neunkirchen is 'n Duitse sokkerklub uit Neunkirchen in die deelstaat Saarland.

Geskiedenis

In 1905 is die klub FC 1905 Borussia gestig en 2 jaar later het hy met SC Neunkirchen saamgesmelt.

Van 1912 tot 1963 het die klub onafgebroke op die hoogste vlak van Duitse sokker gespeel. Van die 1920/21-seisoen tot die 1923/24-seisoen was die span 4 keer in 'n ry kampioen van Saarland.

Na die Tweede Wêreldoorlog wou Frankryk Saarland onafhanklik maak van Duitsland en in hierdie tyd het die klub in die eerste klas van Saarland gespeel (en in 1949 die titel gewen), maar nadat Saarland terug was by Duitsland het die klub weer in die Oberliga Suidwes meegeding. In 1959 het die span sy grootste prestasie behaal deur die eindstryd van die DFB-Pokal te haal, waar daar teen Swartwit Essen verloor is met 2-5.

Ondanks die feit dat die klub vir meer as 50 jaar op die hoogste vlak meegeding het, is die klub nie gekies om by die Bundesliga aan te sluit in 1963 nie. Net soos FK 03 Pirmasens en Wormatia Worms is die klub ten gunste van 1. FC Saarbrücken oor die hoof gesien, wie nie noodwendig 'n beter vertoningslys as die genoemde klubs gehad het nie.

Na een seisoen in die Regionalliga Suidwes het die klub na die Bundesliga gepromoveer. Na 2 jaar is hy egter gerelegeer en daarvandaan het die klub geleidelik die kreeftegang gegaan, totdat dit vandag op die vierde vlak meeding in die Oberliga.

In 2005 het die klub die Oberliga Suidwes gewen, maar weens finansiële probleme is daar nie om 'n Regionalliga-lisensie aansoek gedoen nie.

Onlangse ligaposisionering

  • 1963-64(II)Regionalliga Suidwes1ste
  • 1964-65(I)Bundesliga10de
  • 1965-66(I)Bundesliga17de
  • 1966-67(II)Regionalliga Suidwes1ste
  • 1967-68(II)Bundesliga17de
  • 1968-69(II)Regionalliga Suidwes5de
  • 1969-70(II)Regionalliga Suidwes4de
  • 1970-71(II)Regionalliga Suidwes1ste
  • 1971-72(II)Regionalliga Suidwes1ste
  • 1972-73(II)Regionalliga Suidwes5de
  • 1973-74(II)Regionalliga Suidwes1ste
  • 1974-75(II)2.Bundesliga Suid18de
  • 1975-76(III)Amateurliga Saarland1ste
  • 1976-77(III)Amateurliga Saarland1ste
  • 1977-78(III)Amateurliga Saarland1ste
  • 1978-79(II)2.Bundesliga Suid20ste
  • 1979-80(III)Am.Oberliga Suidwes1ste
  • 1980-81(II)2.Bundesliga Suid19de
  • 1981-82(III)Am.Oberliga Suidwes11de
  • 1982-83(III)Am.Oberliga Suidwes9de
  • 1983-84(III)Am.Oberliga Suidwes12de
  • 1984-85(III)Am.Oberliga Suidwes11de
  • 1985-86(III)Am.Oberliga Suidwes7de
  • 1986-87(III)Am.Oberliga Suidwes10de
  • 1987-88(III)Am.Oberliga Suidwes14de
  • 1988-89(III)Am.Oberliga Suidwes8ste
  • 1989-90(III)Am.Oberliga Suidwes3de
  • 1990-91(III)Am.Oberliga Suidwes1ste
  • 1991-92(III)Am.Oberliga Suidwes4de
  • 1992-93(III)Am.Oberliga Suidwes6de
  • 1993-94(III)Am.Oberliga Suidwes4de
  • 1994-95(III)Regionalliga W/SW8ste
  • 1995-96(III)Regionalliga W/SW18de
  • 1996-97(IV)Oberliga Suidwes7de
  • 1997-98(IV)Oberliga Suidwes6de
  • 1998-99(IV)Oberliga Suidwes3de
  • 1999-00(IV)Oberliga Suidwes1ste
  • 2000-01(IV)Oberliga Suidwes3de
  • 2001-02(IV)Oberliga Suidwes1ste
  • 2002-03(III)Regionalliga Suid19de
  • 2003-04(IV)Oberliga Suidwes10de
  • 2004-05(IV)Oberliga Suidwes1ste
  • 2005-06(IV)Oberliga Suidwes9de
  • 2006-07(IV)Oberliga Suidwes10de
  • 2007-08(IV)Oberliga Suidwes

Eksterne skakels

Oberliga Suidwes 2007/08-seisoen

Eintracht Bad Kreuznach - SV Roßbach/Wied - FV Engers 07 - FSV Mainz 05 II - SC Hauenstein -
SC 07 Idar-Oberstein - FC 08 Homburg - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - 1. FC Saarbrücken -
Borussia Neunkirchen - SF Köllerbach - FK 03 Pirmasens - TuS Mechtersheim - 1. FC Kaiserslautern II -
SV Eintracht Trier - SpVgg EGC Wirges - Wormatia Worms