Cannes-rolprentfees 1976

Die 29ste Cannes-rolprentfees is van 13-28 Mei 1976 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan Taxi Driver deur Martin Scorsese.[1]

  Cannes-rolprentfees 1976 

Datum13-28 Mei 1976
PlekCannes, Frankryk
Getal prente 20 in kompetisie
10 kortprente
Webtuiste Cannes-rolprentfees
Belangrike prente 
Openingsfliek That's Entertainment, Part II
Afsluitingsfliek Family Plot
Palme d'Or Taxi Driver

Die fees is geopen met That's Entertainment, Part II deur Gene Kelly[2][3] en afgesluit met Family Plot deur Alfred Hitchcock.[4] Die Amerikaanse dramaturg Tennessee Williams was die president van die jurie.

In 1976 is ’n nuwe, niemededingende afdeling, "L'Air du temps", ingestel wat op kontemporêre sake gefokus het. Saam met "Les Yeux fertiles" van die vorige jaar en "Le Passé composé" van die volgende jaar het dit in 1978 die afdeling "Un Certain Regard" gevorm.[5][6]

Pryse

Tennessee Williams, president van die jurie.
Martin Scorsese, wenner van die Palme d'Or.

Van die mense en prente wat in 1976 pryse ontvang het, is:[7]

  • Palme d'Or: Taxi Driver deur Martin Scorsese
  • Grand Prix: Cría cuervos deur Carlos Saura en The Marquise of O deur Éric Rohmer
  • Beste regisseur: Ettore Scola vir Brutti, sporchi e cattivi
  • Beste akteur: José Luis Gómez vir Pascual Duarte
  • Beste aktrise: Dominique Sanda vir The Inheritance (L'eredità Ferramonti) en Mari Törőcsik vir Mrs. Dery Where Are You? (Déryné hol van?)

Kortprente

  • Palme d'Or: Metamorphosis deur Barry Greenwald
  • Jurieprys: Agulana deur Gérald Frydman en Nightlife deur Robin Lehman

Verwysings

Eksterne skakels