Chang'e 4

Chinese maanverkenningsending

Chang'e 4 (Chinees: 嫦娥四号; Cháng'é sìhào) is ’n Chinese maanverkenningsending wat op 3 Januarie 2019 die eerste sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer het.[2]

Die Chang'e 4-landingstuig en Yutu-2-maankarretjie.
Die kant van die Maan wat altyd weg van die Aarde af wys vanweë sy sinchroniese rotasie.
Die landingsterrein is ’n gladde vlakte in die krater Von Kármán aan die agterkant van die Maan. Die koördinate is 45.47084 S, 177.60563 O.[1]

Die robotlandingstuig en die Yutu-2-maankarretjie[1] is op 7 Desember 2018 gelanseer en het op 12 Desember in ’n wentelbaan om die Maan gegaan. Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 ’n sagte landing op die agterkant van die Maan uitgevoer.[3]

Die sending volg op Chang'e 3, China se eerste landing op die Maan. Die tuig is aanvanklik as ’n ondersteuningstelsel vir Chang'e 3 gebou en het beskikbaar geraak nadat Chang'e 3 in 2013 suksesvol geland het. Chang'e 4 se konfigurasie is aangepas vir die nuwe wetenskaplike doelwitte. Nes sy voorgangers is die sending genoem na die Chinese maangodin, Chang'e.

Landingsterrein

Die landingsterrein is ’n gladde vlakte in die krater Von Kármán.[4] Dit het ’n deursnee van 180 km en lê in ’n deel aan die agterkant van die Maan wat nog onverken is.[5][6]

Die landingstuig het op 3 Januarie 2019 geland en is die eerste ruimtetuig wat aan die agterkant van die Maan land.[2] Die Yutu-2-maankarretjie is later die dag ontplooi.[1]

Verwysings

Eksterne skakels