Chinese ui

Die Chinese ui[1](Allium chinense) (ook bekend as Chinese scallion, glinsterende sprietui,[2] Japannese scallion, Kiangsi scallion en Oosterse ui) is 'n eetbare spesie van Allium, inheems aan China en Korea, maar dit word ook in baie ander lande verbou.[3] Sy naasverwantes sluit die ui, sjalot, prei, sprietui en knoffel in.[4]

Verspreiding

Allium chinense is inheems aan China (in Anhui, Fujian, Guangdong, Guangxi, Guizhou, Hainan, Henan, Hubei, Hunan, Jiangxi, en Zhejiang-provinsies) plus in gebiede waar dit ook doelbewus aangeplant word. Dit is genaturaliseer in ander dele van Asië sowel as in Noord-Amerika.[5][6]

Gebruike

Kulinêr

As gevolg van sy baie sagte en vars smaak, word A. chinense dikwels gepiekeld bedien as 'n bykos in Japan en Viëtnam, om die sterker geure van ander komponente in 'n maaltyd te neutraliseer. In die Japannese kookkuns word dit bv. saam met Japannese kerrie as 'n garnering geëet.[7]

In Viëtnam word gepiekelde Chinese uie dikwels tydens Tết (die Viëtnamese nuwejaar) bedien.

Medisinaal

Allium chinense word gebruik as 'n volksmedisyne in tonikums om te help met 'n ongemaklike ingewande.[8]

Name in ander tale

Name in ander tale sluit in: in Japannees, ラッキョウ (rakkyō), ook geskryf as 辣韮, 辣韭, of ; in Chinees: 薤/薤 (xiè) of 藠头/藠頭 (jiào tóu); in Viëtnamees củ kiệu.

Sien ook

  • Knoffel grasuie
  • Gepiekelde uie

Verwysings