Chittagong

Chittagong (Bengaals: চট্টগ্রাম, Caṭṭagrām, Chattagram), amptelik Chattogram,[5] is 'n stad in die ooste van Bangladesj. Die stad het 'n bevolking van 8 440 000 in 2016 gehad en is die tweede grootste stad van die land ná die hoofstad Dhaka. Chittagong is geleë net wes van die land se grens met Indië en Mianmar. Die stad lê aan die Golf van Bengale naby die monding van die Ganges- en Brahmaputra-riviere in die Indiese Oseaan.

Chittagong

চট্টগ্রাম

Chattogram (amptelik)
Byname: 
Queen of the East[1]
Chittagong is in Bangladesj
Chittagong
Chittagong
Koördinate: 22°22′00″N 91°48′00″O / 22.36667°N 91.80000°O / 22.36667; 91.80000 91°48′00″O / 22.36667°N 91.80000°O / 22.36667; 91.80000
LandVlag van Bangladesj Bangladesj
StreekChittagong
DistrikChittagong
Stigting1340
Stadstatus1863[2]
Regering
 • BurgemeesterRezaul Karim Chowdhury
Oppervlak
 • Stad168,07 km2 (64,89 vk. myl)
 • Stedelik
2 054,90 km2 (793,40 vk. myl)
 • Metro
2 510 km2 (980,2 vk. myl)
Hoogte
29 m (95 ft)
Bevolking
 • Stad8 440 000
 • Digtheid19 800/km2 (51 000/vk. myl)
 • Stedelik
6 025 985
 • Stedelike digtheid19 800/km2 (51 000/vk. myl)
 • Metro
9 453 496
 • Metrodigtheid3 766/km2 (9 644/vk. myl)
TydsoneUTC+06:00 (BST)
Poskode
4000, 4100, 42xx
Webwerfccc.org.bd

Sport

Chittagong beskik met die M.A. Aziz- en Zohur Ahmed Chowdhury-stadion oor twee toetskrieketstadions. Die Bengaalse nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Op die Zohur Ahmed Chowdhury-stadion is onder andere wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 2011 en die T20I-wêreldbeker 2014 aangebied.

Verwysings

Eksterne skakels