Christopher Reeve

Christopher D'Olier Reeve (* 25 September 1952, † 10 Oktober 2004) was 'n Amerikaanse akteur, rolprent-regisseur, -vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer en aktivis wat veral met sy vertolking van die fiktiewe held Superman in 1978 internasionale bekendheid verwerf het.

Christopher Reeve
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Christopher Reeve in 1985

GeboortenaamChristopher D'Olier Reeve
Geboorte25 September 1952
New York, VSA
Sterfte10 Oktober 2004
Mount Kisco, New York, VSA
NasionaliteitAmerikaans
Beroep(e)Akteur, regisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer, skrywer, aktivis
RolprenteSuperman
WebwerfChristopher en Dana Reeve-stigting
ToekenningsScreen Actor Guild Award (1998)
Emmy Award (1997)
Lasker Award (2003)

'n Perdry-ongeluk tydens 'n wedren in Culpeper, Virginië op 27 Mei 1995 het Reeve verlam gelaat. Vir die res van sy lewe het hy 'n rolstoel en 'n beasemingsapparaat benodig. Reeve het daarna as 'n aktivis vir die belange van mense met rugmurgbeserings opgetree en het hom vir menslike stamselnavorsing beywer. Hy het sy eie stigting, die Christopher Reeve Foundation, in die lewe geroep en was medestigter van die Reeve-Irvine-navorsingsentrum.

In April 1992 het Reeve met Dana Morosini (1961-2006) getrou. Hul seun William Elliot Reeve is op 7 Junie 1992 gebore. Reeve het nog twee kinders, Matthew Exton Reeve (* 1979) en Alexandra Exton Reeve (* 1983), uit sy vroeëre verhouding met sy langjarige vriendin Gae Exton gehad.

Christopher Reeve is op 10 Oktober 2004 ná 'n hartstilstand oorlede.