Dallas

Dallas is die derde grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Texas. Dit is ook die negende grootste stad van die Verenigde State met 1,3 miljoen inwoners. Die metropolitaanse gebied van Houston het 'n bevolking van 6,3 miljoen. Die stad is bekend vir sy ryk oliemaatskappye.[1]

Dallas

KaartWapen
Vlag van Dallas
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Texas
 Koördinate32°47′N 96°48′W / 32.783°N 96.800°W / 32.783; -96.800 96°48′W / 32.783°N 96.800°W / 32.783; -96.800
 Geïnkorporeer op2 Februarie 1856
 Oppervlakte: 
 - Totaal999,2 vk km
 Hoogte bo seevlak131 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020-skatting)1 304 379
 - Bevolkingsdigtheid1 482,99/vk km
 TydsoneUTC -6 (CST)
 - SomertydUTC -5 (CDT)
 BurgemeesterEric Johnson (D)
 Amptelike webwerfdallascityhall.com

Dallas ontstaan in 1841 en is na adjunkpresident George M. Dallas genoem. John Neely Bryan bou in dieselfde jaar 'n huisie naby die Trinityrivier en begin 'n veerdiens. Die huisie is steeds in die middel van Dallas te sien.

Op 22 November 1963 is president John F. Kennedy tydens 'n rytoer in Dallas vermoor, vermoedelik deur Lee Harvey Oswald.

Dallas was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 sal weer wedstryde hier aangebied word.

Besienswaardighede

  • Sixth Floor Museum in die Dallas County Administrasiegebou, Lee Harvey Oswald het na bewering vanuit die gebou op John F. Kennedy geskiet.
  • Southfork Ranch, woonhuis van die Ewing-familie in die gewilde Dallas-televisiereeks.
  • Nieman-Marcus, winkelgroep wat sy oorsprong hier het.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels