FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Die 23ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup; Spaans: Copa Mundial de Fútbol 2026; Frans: Coupe du monde de football de 2026) sal van 11 Junie tot 19 Julie 2026 in Kanada, Meksiko en die Verenigde State beslis word.[1] FIFA het op 13 Junie 2018, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 in Rusland, aankondig watter land die toernooi gaan organiseer. Dit sal die eerste toernooi wees wat deur drie lande gemeenskaplik aangebied sal word. Daarbenewens sal dit die vierde toernooi in Noord-Amerika wees, die eerste in Kanada, die tweede in die Verenigde State ná die toernooi van 1994 asook die derde in Meksiko ná toernooie van die 1970 en 1986. Kandidate vir gasheer was Marokko asook die gemeenskaplike Noord-Amerikaanse bod.[2]
2026 FIFA World Cup (en) Copa Mundial de Fútbol 2026 (es) Coupe du monde de football de 2026 (fr) | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerlande | Kanada Meksiko Verenigde State |
Datums | 11 Junie – 19 Julie |
Spanne | 48 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 16 (in 16 stede) |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 104 |
← 2022 2030 → |
Die toernooi sal vir die eerste keer deur 48 nasionale spanne uitgespook word, insluitend dié van die drie gasheerlande.[3] Die spanne sal in agt groepe met drie spanne verdeel word, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die 16de eindrondte sal deurdring. Altesaam sal 104 wedstryde uitgespeel word, waarvan 60 in die Verenigde State en 10 elk in Kanada en Meksiko.[4]
Toewysing
Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooie deur dieselfde kontinentale beheerliggaam gehou word. Lande van AFC en UEFA was dus onverkiesbaar vir 2026, omdat die toernooi van 2018 aan Rusland en die toernooi van 2022 aan Katar toegewys is.[5]
Kanada, Meksiko en die Verenigde State is op 13 Junie 2018 in Moskou deur die FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026. Die enigste ander kandidaatland was Marokko.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026[6] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Land | Rondte 1 | |||||
Kanada, Meksiko, Verenigde State | 134 | |||||
Marokko | 65 |
Kwalifisering
Die gashere Kanada, Meksiko en die Verenigde State kwalifiseer regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026. Van die 45 oorblywende plekke is 16 vir Europese spanne gereserveer, nege vir Afrika, agt vir Asië, ses vir Suid-Amerika, drie vir Noord- en Sentraal-Amerika en een vir Oseanië. Twee plekke sal tydens uitspeelwedstryde tussen Afrika en Noord-/Sentraal-Amerika en tussen Suid-Amerika en Oseanië beslis word.
Kwalifiserende spanne
Die volgende spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer (soos op 14 Junie 2018):
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Kanada | 3de | 2 | 2022 | Groepfase (1986, 2022) |
Meksiko | 18de | 9 | 2022 | Kwarteindrondte (1970, 1986) |
Verenigde State | 12de | 2 | 2022 | Derde plek (1930) |
Stadions
Wedstryde sal in die volgende stede gespeel word:
Meksikostad[7] | New York/New Jersey[7] | Dallas–Fort Worth[7] | Kansas City[7] |
---|---|---|---|
Estadio Azteca | MetLife-stadion (East Rutherford, New Jersey) | AT&T-stadion (Arlington, Texas) | Arrowhead-stadion |
19°18′11″N 99°9′2″W / 19.30306°N 99.15056°W | 40°48′48.7″N 74°4′27.7″W / 40.813528°N 74.074361°W | 32°44′52″N 97°5′34″W / 32.74778°N 97.09278°W | 39°2′56″N 94°29′2″W / 39.04889°N 94.48389°W |
Kapasiteit: 87 523 | Kapasiteit: 82 500 (Bod-kapasiteit: 87 157) | Kapasiteit: 80 000 (Bod-kapasiteit: 92 967) (uitbreibaar tot 105 000) | Kapasiteit: 76 416 (Bod-kapasiteit: 76 640) |
Houston[7] | Atlanta[7] | Los Angeles[7][8] | Philadelphia[7] |
NRG-stadion | Mercedes-Benz-stadion | SoFi-stadion (Inglewood) | Lincoln Financial Field |
29°41′5″N 95°24′39″W / 29.68472°N 95.41083°W | 33°45′20″N 84°24′0″W / 33.75556°N 84.40000°W | 33°57′10.8″N 118°20′20.4″W / 33.953000°N 118.339000°W | 39°54′3″N 75°10′3″W / 39.90083°N 75.16750°W |
Kapasiteit: 72 220 (uitbreibaar tot 80 000) | Kapasiteit: 71 000 (Bod-kapasiteit: 75 000) (uitbreibaar tot 83 000) | Kapasiteit: 70 240 (uitbreibaar tot 100 240) | Kapasiteit: 69 796 (uitbreibaar tot: 69 328) |
Seattle[7] | San Francisco[7] | Boston[7] | Miami[7] |
Lumen Field | Levi's-stadion (Santa Clara) | Gillette-stadion (Foxborough) | Hard Rock-stadion (Miami Gardens) |
47°35′42.72″N 122°19′53.76″W / 47.5952000°N 122.3316000°W | 37°24′10.8″N 121°58′12″W / 37.403000°N 121.97000°W | 42°5′27.6″N 71°15′50.4″W / 42.091000°N 71.264000°W | 25°57′29″N 80°14′20″W / 25.95806°N 80.23889°W |
Kapasiteit: 69 000 (uitbreibaar tot 72 000) | Kapasiteit: 68 500 (Bod-kapasiteit: 70 909) (uitbreibaar tot 75 000) | Kapasiteit: 65 878 (Bod-kapasiteit: 70 000) | Kapasiteit: 64 767 (Bod-kapasiteit: 67 518) |
Vancouver[9] | Monterrey[7] | Guadalajara[7] | Toronto[7] |
BC Place | Estadio BBVA (Guadalupe) | Estadio Akron (Zapopan) | BMO Field |
49°16′36″N 123°6′43″W / 49.27667°N 123.11194°W | 25°40′9″N 100°14′40″W / 25.66917°N 100.24444°W | 20°40′54″N 103°27′46″W / 20.68167°N 103.46278°W | 43°37′58″N 79°25′7″W / 43.63278°N 79.41861°W |
Kapasiteit: 54 500 | Kapasiteit: 53 500 (Bod-kapasiteit: 53 460) | Kapasiteit: 49 850 (Bod-kapasiteit: 48 071) | Kapasiteit: 30 000 (uitgebrei vir die toernooi tot 45 736) |
Wedstryde
Die wedstryde sal in twee fases opgedeel word, naamlik die groepuitdunne en die uitklopfase.
Groepuitdunne
48 spanne sal aan die groepuitdunne deelneem. Die boonste twee spanne in elke groep dring na die tweede rondte (die uitklopfase) deur.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
- (en) (es) (fr) Amptelike webwerf
- (en) worldcup-history.com: 2026