Die Maan (tarotkaart)

Die Maan is die 18de troefkaart in tarotkaartspeletjies en die 18de Groot Arcana-kaart in pakke vir waarsêery. Dit word in albei gebruik.

Die Maan (XVIII) van die Rider-Waite-tarotpak.

Beskrywing

Op die kaart word 'n nagtoneel uitgebeeld, met twee groot pilare. 'n Wolf en 'n mak hond tjank vir Die Maan, terwyl 'n kreef uit die water kom. Die Maan het 16 hoof- en 16 sekondêre strale en gooi die "vog van vrugbare dou" in groot druppels af (altesaam 15 op die Rider-Waite-tarotkaart). Hulle is almal in die vorm van die Hebreeuse letter jod.[1]

Vertolking

Volgens A.E. Waite se boek van 1910 Pictorial Key to the Tarot "verteenwoordig die kaart die lewe van die verbeelding... Die hond en wolf is die vrese van die natuurlike gedagtes. Die boodskap is vrede."[2]

Waite skryf Die Maan het verskeie verbintenisse in waarsêery:[3]

18 DIE MAAN – verskuilde vyande, gevaar, donkerte, terreur, misleiding, okkultiese magte, foute. Omgekeer – onstabiliteit, onkonstantheid, stilte, mindere mates van misleiding en foute.

In astrologie word die Maan verbind met die diereriemteken Visse en sy heersende planeet, Neptunus.[4]

Verwysings

Nog leesstof

  • Wood, Juliette, Folklore 109 (1998):15–24, The Celtic Tarot and the Secret Tradition: A Study in Modern Legend Making (1998)

Skakels