Die Rider-Waite-tarot is 'n gewilde pak tarotkaarte vir waarsêery.[1][2] Dit is ook bekend onder ander name, soos die Waite-Smith-tarot[3] Dit is geskoei op die instruksies van die akademikus en mistikus A.E. Waite en geïllustreer deur Pamela Colman Smith. Dit is in 1909 die eerste keer deur die Rider Company gepubliseer. Daar is talle uitgawes van die pak en dit het baie variasies en namaaksels tot gevolg gehad.[4][5] Meer as 100 miljoen eksemplare van die pak bestaan na raming in meer as 20 lande.[6]
Hoewel die beelde eenvoudig is, is daar baie simboliek in die detail en op die agtergrond. Van die beelde is dieselfde as op vorige pakke, maar oor die algemeen verskil die Waite-Smith-pak heelwat. Die Klein Arcana bevat simboliese tonele deur Smith, terwyl vorige pakke meestal eenvoudige ontwerpe gehad het.[7]
Die Groot Arcana van die Rider-Waite-tarot is:
Die kaarte is in Desember 1909 die eerste keer gepubliseer, deur die uitgewer William Rider & Son van Londen.[7] Verskeie uitgawes is gedruk tot in 1939, en toe weer van 1971 tot 1977.
In 2009 het U.S. Games Systems 'n herdenkingspak gepubliseer met die titel "The Smith-Waite Centennial Deck".[8] Dié pak plaas Smith se naam eerste en laat die naam van die oorspronklike uitgewer weg. Sommige moderne tarotkaartlesers noem al die kaarte, ook die oorspronklike pak, die "Smith-Waite-pak" om aan Smith volle erkenning te gee vir haar bydrae.[9]