Edward Rickenbacker

Edward Vernon Rickenbacker (8 Oktober 1890 - 23 Julie 1973) was die eerste Amerikaanse bobaasvlieënier van die Eerste Wêreldoorlog. Hy was 'n resieskar bestuurder voor die oorlog. Hy is in 1917 saam genl. Pershing na Frankryk as sy persoonlike chauffeur. Daarna kry hy 'n oorplasing na die US Army Aviation Section, eers as 'n ingenieurs offsier. Hy leer om te vlieg en word deel van die 94 Eskader in Maart 1918. Hy vlieg Nieuport 28 en SPAD vliegtuie en behaal 26 oorwinnings. Dit is ongelooflik as mens in ag neem dat hy vir twee maande weens mediese redes nie kon vlieg nie. Hy neem ook die bevel van 94 Eskader oor in September 1918 en was tegnies 'n ouman om so 'n verantwoordelikheid te aanvaar. Hy het die oorlog oorleef en het as 'n held na Amerika teruggekeer as een van hulle bobaasvlieëniers.

Edward Vernon Rickenbacker
Edward Rickenbacker

Geboortedatum8 Oktober 1890
GeboorteplekColumbus, Ohio
Sterfdatum23 Julie 1973
LojaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Jare in diens1917–1919
RangKaptein
Eenheid94 Eskader (bevelvoerder)
Veldslae/oorloëEerste Wêreldoorlog
ToekenningsMedal of Honor

Bron