Edward VII van die Verenigde Koninkryk

Edward VII (Albert Edward, deur sy familie meestal Bertie genoem; * 9 November 1841; † 6 Mei 1910) was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indië van 22 Januarie 1901 tot met sy dood op 6 Mei 1910. Hy was die eerste monarg van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat deur sy seun George V hernoem is tot die Huis van Windsor.

Edward VII
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië
Koning Edward ná sy kroning in 1902, deur sir Luke Fildes, National Portrait Gallery, Londen. Let op die septer in sy oorspronklike vorm, kort voordat die Cullinan-diamant bygevoeg is.
Koning Edward ná sy kroning in 1902, deur sir Luke Fildes, National Portrait Gallery, Londen. Let op die septer in sy oorspronklike vorm, kort voordat die Cullinan-diamant bygevoeg is.
VorstehuisSakse-Koburg en Gotha
TitelsSM die Koning
SKH die Prins van Wallis
SKH die Hertog van Rothesay
SKH die Hertog van Cornwallis
Regeer22 Januarie 19016 Mei 1910
Kroning9 Augustus 1902
VoorgangerVictoria
OpvolgerGeorge V
Volle naamAlbert Edward
Gebore9 November 1841; Buckingham-paleis, Londen
Oorlede6 Mei 1910; Buckingham-paleis, Londen
Begrawe20 Mei 1910; St. George-kapel, Windsor
EggenoteAlexandra van Denemarke
KindersPrins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale
George V
Louise van Sakse-Koburg en Gotha, Hertogin van Fife
Prinses Victoria
Maud, Koningin van Noorweë
Prins Alexander John van Wallis
VaderAlbert van Sakse-Koburg en Gotha
MoederVictoria

Voor hy koning geword het, was Edward die Prins van Wallis en regmatige troonopvolger vir langer as enigiemand anders in die geskiedenis.[1] Tydens die lang tyd dat sy ma, koningin Victoria, ’n weduwee was, was hy grootliks uitgesluit van enige politieke mag en het hy die modebewuste elite met ’n luilekker lewe verpersoonlik.

Bewind

Die Edwardiaanse tydperk, wat ooreengestem het met Edward se bewind en na hom genoem is, het saamgeval met die begin van ’n nuwe eeu en het belangrike veranderings ingelui in tegnologie en die gemeenskap, soos die opgang van sosialisme en die Arbeidsbeweging. Edward het ’n rol gespeel in die modernisering van die Britse vloot, die hervorming van die weermag se mediese dienste[2] en die reorganisasie van die Britse weermag ná die Anglo-Boereoorlog. Sy werk om goeie betrekkinge met ander Europese lande, veral Frankryk, te bevorder, wat hom die bynaam "Vredemaker" besorg het, kon egter nie die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 verhoed nie.

Titels en aanspreekvorms

  • 9 November – 8 Desember 1841: Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Cornwallis
  • 8 Desember 1841 – 22 Januarie 1901: Sy Koninklike Hoogheid die Prins van Wallis
    • in Skotland: Sy Koninklike Hoogheid prins Albert Edward, die Hertog van Rothesay
    • 17 Januarie 1850 – 22 Januarie 1901: Die Graaf van Dublin
  • 22 Januarie 1901 – 6 Mei 1910: Sy Majesteit die Koning
    • met betrekking tot Indië: Sy Keiserlike Majesteit die Koning-keiser

Kinders

NaamGeboreOorledeNotas
Prins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale8 Januarie 186414 Januarie 1892 
Koning George V3 Junie 186520 Januarie 1936Getroud 1893, prinses Mary van Teck; het kinders gehad
Louise van Sakse-Koburg en Gotha, Hertogin van Fife20 Februarie 18674 Januarie 1931Getroud 1889, Alexander Duff, 1ste Hertog van Fife; het kinders gehad
Prinses Victoria van die Verenigde Koninkryk6 Julie 18683 Desember 1935 
Prinses Maud van Wallis26 November 186920 November 1938Getroud 1896, Haakon VII van Noorweë; het kinders gehad
Prins Alexander John van Wallis6 April 18717 April 1871 

Notas en verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Edward VII of the United Kingdom

Verdere leesstof

  • Ensor, R.C.K. (1936). England 1870–1914. Clarendon Press, Oxford.
  • Ponsonby, Frederick (1951). Recollections of Three Reigns. Londen: Eyre & Spottiswoode.
  • Walker, Richard (1988). The Savile Row Story: An Illustrated History. Londen: Prion. ISBN 1-85375-000-X.

Eksterne skakels