Elektroniese ingenieurswese
Elektroniese ingenieurswese behels die beheer en verwerking van elektrisiteit, as inligting in elektroniese vorm, of tydens die beheer en opwekking van meganiese, magnetiese of ander vorms van energie.
Die studie van die oordrag van elektriese krag of drywing val gewoonlik onder elektriese ingenieurswese, te wete die studie van swaarder strome, hoogspanning, elektriese motors, transformators, opwekkers, en transmissielyne.
Elektroniese ingenieurswese het te doen met die verwerking van elektriese seine deur digitale of analoog metodes, en die aanwending daarvan in beheer- of metingsbane.
Dit sluit in:
- telekommunikasie en seinverwerking
- akoestiek (klankstelsels)
- elektronika (mikro-elektronika, halfgeleiers, analoog-elektronika, digitale elektronika)
- elektroniese stroombaanteorie (insluitende filters)
- mikrobeheerders en mikroverwerkers
- beheerstelsels
- kunsmatige intelligensie
🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladPornhubMediese diagnoseAardverwarmingSpesiaal:Onlangse wysigingsTrappe van vergelykingAntoniemSuid-AfrikaApartheidNazi-DuitslandTropiese sikloonCarles PuigdemontErfenisdag (Suid-Afrika)AardbewingGeweldVergelykings (taalkunde)Intensiewe vormGetalMieliestronkDroogteNelson MandelaErfenisAfkortingBoelierySwangerskapNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLionel PetersonMenseregteVoornaamwoordHolocaustBynierWaarheid-en-versoeningskommissieSelfstandige naamwoordMarie AntoinetteByvoeglike naamwoordWikipediaRobbeneilandWikipedia:Gebruikersportaal