Ethiopian Airlines

Ethiopian Airlines is Ethiopië se vlagdraer-lugredery en word ten volle besit deur die land se regering.[6] Ethiopian Air Lines is gestig op 21 Desember 1945, sy bedrywighede het op 8 April 1946 begin en is uitgebrei met internasionale vlugte in 1951. Die firma word 'n aandeelmaatskappy in 1965, en sy naam verander van Ethiopië Air Lines na Ethiopian Airlines. Ethiopian is 'n lid van die International Air Transport Association sedert 1959 en van die African Airlines Association (AFRAA) sedert 1968.[7] Die lugredery is 'n Star Alliance-lid sedert Desember 2011.

Ethiopian Airlines
የኢትዮጵያ አየር መንገድ
IATAICAORoepteken
ETETHETHIOPIAN
Gestig21 Desember 1945; 78 jaar gelede (1945-12-21)
Eerste vlug8 April 1946; 77 jaar gelede (1946-04-08)
HoofspilleBole Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramShebaMiles
AlliansieStar Alliance
Vlootgrootte134
Bestemmings138 (Passasiers)
36 (Vrag)
HouermaatskappyEthiopiese Regering (100%)
SitkamerCloud Nine Lounge
ShebaMiles Lounge
HoofkantoorBole Internasionale Lughawe, Addis Abeba, Ethiopië
SleutelpersoneYilma Merdassa[1] (Voorsitter)
Mesfin Tasew (HUB)
Meseret Bitew (HFO)
Esayas WoldeMariam (HHO)
Retta Melaku (HOO)
Omset (VS$6,1 miljard)ETB 330 miljard (FJ2023)[2]
Netto inkomste ETB 1,049 miljard (FJ2012)[3]
Wins ETB 49,2 miljard (FJ 2022)[4]
Totale bates ETB 26,368 miljard (FJ2012)[3]
Totale ekwiteit ETB  2,772 miljard (FJ2012)[3]
Werknemers13 942 (Desember 2017)[5]
Webwerfwww.ethiopianairlines.com

Sy spilpunt [6] en hoofkantoor is by Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba,[8] vanwaar dit 'n netwerk van 138 passasiersbestemmings – 19 van hulle plaaslik – en 36 vragbestemmings bedien.[9] Ethiopian vlieg na meer bestemmings in Afrika as enige ander lugdiens. Dit is een van die vinnigsgroeiende maatskappye in die bedryf,[10] en is een van die grootste op die vasteland van Afrika.[11] Dit is ook een van die min winsgewende rederye in die Sub-Saharastreek.[12] Die lugredery se vragafdeling is bekroon as "The African Cargo Airline of the Year" vroeg in 2011.[13]

Kodedeelooreenkomste

Ethiopian Airlines het kodedeelooreenkomste met die volgende lugrederye:[14]

Bedryfstendense

Die belangrikste tendense vir Ethiopian Airlines in onlangse jare word hier vertoon (teen die jaareinde op 30 Junie):

20102011201220132014201520162017201820192020
Omset (ETBm)16,81624,75933,81538,49846,57649,45854,44260,91989,100114,639120,131
Netto Wins (ETBm)1,6261,2321,0252,0543,1473,5316,1295,3816,8708,9006,830
Getal werknemers (30 Jun.)5,5556,2866,5597,000+8,76410,51410,17611,28412,99413,95814,104
Getal passasiers (milj)3.153.734.645.926.917.397.608.7610.6312.109.66
Passasierlaaifaktor (%)72.071.572.271.670.8n/a68.5n/an/an/an/a
Vrag vervoer (000e ton)134160181175187n/a270338400432525
Aantal vliegtuie (jaareinde)4151485866767787108116126
Bronne[37][38][3][39][40][41]
[37]
[42][43][44][45][46][47][48][49][50][51][52][53]
'n Ethiopian Airlines Boeing 757-200 in die ou kleurskema by Dubai Internasionale Lughawe in 2004.
'n Ethiopian Airlines Boeing 767-200ER kort voor landing te Dubai Internasionale Lughawe in 2006.

Verwysings