Addis Abeba

Hoofstad en grootste stad van Ethiopië

Addis Abeba is die hoofstad en grootste stad van Ethiopië en lê op 'n hoogte van 2 355 m. Die stad het 'n internasionale lughawe, 'n spoorlyn wat na die hawe van Djiboeti lei en 'n universiteit. Belangrike bedrywe sluit tabak, voedselprodukte, tekstiel, chemikalieë en sement in.

Addis Abeba


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Ethiopië Ethiopië
 Administratiewe gewesAddis Abeba
 Koördinate09°01′N 38°45′O / 9.017°N 38.750°O / 9.017; 38.750
 Stigting1886
 Oppervlakte: 
 - Totaal527 vk km
 Hoogte bo seevlak2 355 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2008)3 384 569
 - Metropolitaanse gebied4 567 857
 - Bevolkingsdigtheid5 165/vk km
 TydsoneUTC +3
 Burgemeester (party)Adanech Abebe

Geskiedenis

Die stad is in 1886 deur Menelik II gestig en het reeds twee jaar later die hoofstad geword. Italië het dit van 1936 tot 1941 beset toe hulle dit die hoofstad van Italiaans-Oos-Afrika gemaak het.

Besienswaardighede

Die St. George-katedraal, nasionale museum, nasionale biblioteek en Menelik II se graftombe is van die besienswaardighede vir die toeris. Die stad was die hoofkwartier van die Organisasie vir Afrika-eenheid en is steeds die hoofkwartier van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika en van die Afrika-unie.

Bevolking

Addis Abeba se bevolking is in 1992 op 1 763 000 geraam , maar het intussen toegeneem tot 3 384 569 (2008), wat dit die grootste stad maak in 'n land wat nié aan die see grens nie.

Eksterne skakels