Air India

Air India is die vlagdraer en nasionale lugredery van Indië en word deur Air India Limited (AIL), 'n Indiese regeringsonderneming, besit.

Air India
IATAICAORoepteken
AIAICAIRINDIA
Gestig1 Julie 1930 (as Tata Airlines)
Eerste vlug15 Oktober 1932
HoofspilleIndira Gandhi Internasionale Lughawe, Delhi
Sekondêre spilleChhatrapati Shivaji Maharaj Int. Lughawe, Moembaai
LojaliteitsprogramFlying Returns
Vlootgrootte127[1]
Bestemmings102
HoofkantoorNieu-Delhi, Indië
SleutelpersoneJ.R.D. Tata (Stigter)
Natarajan Chandrasekaran (voorsitter)
Campbell Wilson (HUB & Besturende direkteur)
Omset ₹ 26 430,59 crore (VS$3,5 miljard) (2019)[2]
Bedryfsinkomste ₹−3 763,50 crore (VS$−490 miljoen) (2019)[2]
Wins ₹−8 556,36 crore (VS$−1,1 miljard) (2019)[2]
Totale bates ₹52 352,18 crore (VS$6,9 miljard) (2019)[3]
Totale ekwiteit ₹−29 466,36 crore (US$−3,9 miljard) (2019)[3]
Webwerfhttp://www.airindia.in/
Die "Maharaja"-figuurtjie is Air India se amptelike gelukbringer.

Die lugredery bedryf 'n vloot van Airbus- en Boeingvliegtuie en bedien verskeie plaaslike en internasionale roetes. Die hoofkantoor is in die Indian Airlines House in Nieu-Delhi gevestig.[4] Air India het twee groot binnelandse spille by Indira Gandhi Internasionale Lughawe en Chhatrapati Shivaji Internasionale Lughawe, sekondêre spille by Chennai Internasionale Lughawe en Netaji Subhas Chandra Bose Internasionale Lughawe. Die lugredery het voorheen 'n spilpunt by Frankfurt se lughawe bedryf, wat op grond van die hoë onkoste gesluit is.[5] Nou word nog 'n internasionale sentrum by die Dubai Internasionale Lughawe beplan.[6] Air India bedryf tans 'n vloot van 113 vliegtuie (met nog 18 op bestelling), wat dit een van die grootste maak (volgens vlootgrootte) in Asië en die wêreld.[7]

Air India was eens die grootste operateur op die Indiese subkontinent met 'n markaandeel van meer as 60%.[8] Wisselvallige finansiële prestasie en dienslewering, arbeidsonrus en die rampspoedige samesmelting met Indian Airlines forseer die redery af tot die vierde plek in Indië, naas laekostedraers soos IndiGo, SpiceJet, en sy voldiensmededinger, Jet Airways. Na die samesmelting, het Air India verskeie probleme ondervind, insluitend stygende finansiële verliese.[9] Tussen September 2007 en Mei 2011 het Air India se binnelandse markaandeel van 19% tot 14% gedaal, hoofsaaklik as gevolg van strawwe kompetisie van Indiese privaatdraers.[10][11]

Vloot: Histories

Vloot: Moderne tye

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.