Europese kabeljou

Europese kabeljou (Engels: Cod, Frans: Morue) is die gewone naam vir die genus Gadus van die visse, wat behoort aan die familie Gadidae, en ook gebruik word vir 'n aantal ander visse soos Kabeljou. Kabeljou is 'n gewilde kossoort met 'n matige geur, lae vet inhoud en digte wit vlees wat maklik verwerk word en goeie raklewe het. Kabelkjoulewers word verwerk om lewertraan, 'n belangrike bron van Vitamien A, Vitamien D en omega-3 vetsure, te produseer.[1][2]

Gadidae
Atlantiese kabeljou, Gadus morhua
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Paracanthopterygii
Orde:
Familie:
Gadidae
Genera
Sien teks vir genera en spesies.
Europese kabeljou by die wateroppervlak

In die Verenigde Koninkryk is Atlantiese kabeljou een van die algemeenste soorte vis, saam met skelvis en skol wat in vis-en-tjips gebruik word. Dit is ook gewild in Portugal waar dit as deel van die nasionale kookkuns dien.

Spesies in die genus Gadus

Atlantiese kabeljou, Gadus morhua in Atlanterhavsparken, Ålesund, Noorweë
Pasifiese kabeljou, Gadus macrocephalus

In die verlede is 'n groot aantal spesies in die genus Gadus geklassifiseer. Meeste daarvan word egter nou in ander genera geklassifiseer of word gesien as vorms van een van drie spesies. Moderne taksonomie erken dan slegs drie spesies in die genus:

Atlantiese kabeljou is gewoonlik grys-groen, maar kan ook en rooi-bruin wees afhangende van die vis se habitat. Die vis se gemiddelde massa is 4,5—11,3 kg, maar voorbeelde van tot 90 kg is al waargeneem. Kabeljou eet weekdiere, krappe, garnale en ander skaaldiere, stervisse, wurms, pylinkvis, en kleiner visse. Sommige migreer in die winter suid om te broei. 'n Groot wyfievis lê tussen twee en elf miljoen eiers in die middel van die see — waarvan slegs 'n klein hoeveelheid oorleef.[3]

Pasifiese kabeljou, wat ook as “Ware Kabeljou” bekendstaan, word noord van Oregon langs die hele weskus van Kanada in die Stille Oseaan aangetref. Dit is soortgelyk aan Atlantiese kabeljou en is bruin tot grys op die rug, ligter op die sye met 'n grys tot wit buiken het die tipiese kenvoeldraad van ander kabeljoue. Die Pasifiese kabeljou is tipies 60 cm lank en weeg tussen 2,5 en 3,6 kg.[4]

Die derde vis wat as 'n soort kabeljou beskou word is Groenlandkabeljou wat voorkom van Port Barrow, Alaska tot by Wes-Groenland; suid langs die Kanadese kus tot by die Miramichi, Golf van Sint-Laurens en Kaap-Breton-eiland met 'n afgesonderde bevolking in die Witsee. Groenlandkabeljou leef gewoonlik naby die kus in water minder as 200 m diep en word selde in die diep see ver van die kus aangetref. Visse van 5 tot 6 jaar bereik lengtes van omtrent 50 cm. Groenlandkabeljou word selde ouer as 9 jaar oud en word nie sommer langer as 60 cm nie.[5]

Al hierdie spesie het 'n oorvloed van gewone en kommersiële name wat in in Engels meestal die woord "cod" bevat. Verskillende gewone name is in verskillende plekke of op verskillende tye vir dieselfde spesies gebruik.

Verwante spesies wat kabeljou genoem word

Wetenskaplike naamNaam in EngelsNaam in NederlandsNaam in Afrikaans
Arctogadus glacialisArctic cod
Arctogadus borisoviEast Siberian cod
Eleginus gracilisSaffron codOostelijke nawaga
Boreogadus saidaPolar codArctische kabeljauw
Lotella rhacinaRock cod
Trisopterus minutusPoor codDwergbolk
Melanonus gracilisPelagic cod
Lepidion microcephalusSmall-headed cod of Long-finned cod
Guttigadus globosusTadpole codVorskwabben
Euclichthys polynemusEucla codKabeljauw van EuclaKabeljou van Eucla
Kabeljou posseël, Newfoundland

Kabeljou of skelvis, of in Engels die woord Cod, vorm deel van die gewone naam van baie ander vissoorte wat nie meer in die genus Gadus geklassifiseer word nie. Baie van die spesies is lede van die familie Gadidae, en verskeie is vroeër in die genus Gadus geklassifiseer; ander is lede van drie verwante families wat die woord kabeljou bevat: die diepseeskelvisse, Moridae (ongeveer 100 spesies); die wurmpaling, Muraenolepididae (4 spesies); en die kabeljou van Eucla, Euclichthyidae (1 spesie). Die familie Ranicipitidae (Nederlands: vorskwabben, Engels: tadpole cod ) is in Gadidae opgeneem.

Spesies in die orde Gadiformes wat baie keer in Engels as Cod beskryf word sluit in die Nederlandse name en waar beskikbaar Afrikaans word ook aan gegee in die tabel na regs. In Engels het ander verwante visse gewone name wat van cod afgelei is soos codling, codlet of tomcod. (Codling word ook vir jong kabeljou gebruik.)

Onverwante spesies wat kabeljou genoem word

In Suid-Afrika en Namibië verwys kabeljou gewoonlik na:

Ander spesies wat as kabeljou beskryf word sluit in aethaloperca rogaa (Rooibek-kabeljou Engels: Redmouth groper), en argyrosomus hololepidotus.[6][7] 'n Volledige lys "kabeljoue" word in die tabel onder vertoon.[8]

Gewone naam in AfrikaansWetenskaplike naam
Aarbei-klipkabeljouCephalopholis spiloparaea
Aartappel-baarsEpinephelus tukula
Balk-klipkabeljouSerranus novemcinctus
Bandiet-klipkabeljouEpinephelus octofasciatus
Bloustreep-klipkabeljouCephalopholis formosa
Boggel-klipkabeljouCromileptes altivelis
Bruinbalk-klipkabeljouCephalopholis boenak
Bruinspikkel-klipkabeljouEpinephelus chlorostigma
Donkervin-klipkabeljouCephalopholis urodeta
Eenkol-klipkabeljouEpinephelus melanostigma
GeelpensklipkabeljouEpinephelus marginatus
Geelstert-klipkabeljouEpinephelus flavocaeruleus
Gespikkelde-klipkabeljouEpinephelus magniscuttis
Gevlekte klipkabeljouEpinephelus fuscoguttatus
Gladde klipkabeljouDermatolepis striolata
Goue klipkabeljouCephalopholis aurantia
Grootkol-klipkabeljouEpinephelus macrospilos
Halfmaan-klipkabeljouEpinephelus rivulatus
Harlekyn-klipkabeljouCephalopholis polleni
Heuningkoek-klipkabeljouEpinephelus merra
KabeljouArgyrosomus hololepidotus
BoerkabeljouArgyrosomus japonicus
KabeljouArgyrosomus inodorus
BenguelakabeljouArgyrosomus coronus
KatgesigklipkabeljouEpinephelus andersoni
Kolstreep-klipkabeljouEpinephelus poecilonotus
Kontoer-klipkabeljouEpinephelus morrhua
KoraalklipkabeljouCephalopholis miniata
Luiperd-klipkabeljouCephalopholis leopardus
LuiperdkabeljouPlectropomus pessuliferus
Malabar-klipkabeljouEpinephelus malabaricus
Marmer-luiperdkabeljouPlectropomus punctatus
Maskering-klipkabeljouEpinephelus polyphekadion
Middelwater-klipkabeljouEpinephelus undulosus
Netvin-klipkabeljouEpinephelus miliaris
Oranjekol-klipkabeljouEpinephelus coioides
Pou-klipkabeljouCephalopholis argus
Rooibalk-klipkabeljouEpinephelus fasciatus
Rooibek-kabeljouAethaloperca rogaa
Rooipunt-klipkabeljouEpinephelus retouti
Rooirand-klipkabeljouGracila albomarginata
Seskol-klipkabeljouCephalopholis sexmaculata
Skeweband-klipkabeljouEpinephelus radiatus
SlankklipkabeljouAnyperodon leucogrammicus
Slym-klipkabeljouEpinephelus tauvina
SnorbaardklipkabeljouEpinephelus chabaudi
StompstertkobArgyrosomus thorpei
Stompstert-klipkabeljouEpinephelus areolatus
Stompstert-luiperdkabeljouPlectropomus areolatus
Strepiekol-klipkabeljouEpinephelus longispinis
Swartsaal-luiperdkabeljouPlectropomus laevis
Swartvin-klipkabeljouCephalopholis nigripinnis
Tamatie-klipkabeljouCephalopholis sonnerati
TierklipkabeljouEpinephelus posteli
Viersaal-klipkabeljouEpinephelus spilotoceps
Witkol-klipkabeljouEpinephelus coeruleopunctatus
Witrand-klipkabeljouEpinephelus albomarginatus
Witspikkel-klipkabeljouEpinephelus hexagonatus
Witstrepie-klipkabeljouEpinephelus ongus
Witvlek-klipkabeljouEpinephelus multinotatus

.Die Engelse woord cod word ook gebruik vir Maccullochella peelii peelii (Murray cod), Maccullochella ikei (Eastern freshwater cod), Maccullochella peelii mariensis (Mary River cod), Maccullochella macquariensis (Trout cod), Oxyeleotris lineolatus (Sleepy cod), Parapercis colias (Blue cod), Nototheniidae familie (cod icefish family), insluitend: Paranotothenia microlepidota (Black cod), Paranotothenia magellanica (Maori cod) en Dissostichus mawsoni (Antarctic cod).

Verder behoort byna alle spesies wat as coral cod, reef cod of rock cod beskryf word aan die orde Perciformes. Twee uitsonderings sluit in Australasiese red rock cod, wat aan die orde Scorpaeniformes behoort en die vis wat in Nieu-Seeland as rock cod of soft cod bekend staan, Lotella rhacina.

Sien ook

Verwysings