Genderdisforie

Genderdisforie, voorheen genoem genderidentiteitsteuring, is die amptelike diagnose vir mense wat aansienlike disforie (’n diepe ontevredenheid) ervaar met hul geslag by geboorte en/of die rolle wat met dié geslag verbind word. Daar is getuienis dat sulke mense nie net so voel om psigologiese en gedragsredes nie, maar ook biologiese redes wat verband hou met hul genetika, die samestelling van hul brein of ’n voorgeboortelike blootstelling aan hormone.[1]

Gender-identiteitsteuring
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10F64.9, F64.8
ICD-9302.85
MedlinePlus  001527
MeSHD005783
Mediese waarskuwing

Na raming kom genderdisforie voor onder van 0,05% van mense in Nederland en België[2] tot 0,5% in Massachusetts[3] en 1,2% in Nieu-Seeland.[4] Onder mense wat as volwassenes so begin voel, is die kans om manlik by geboorte te wees sowat drie keer groter as om vroulik te wees, maar onder mense wat in hul kindertyd so begin voel, is die verhouding omtrent 1:1.[5]

Genderdisforie word as ’n mediese toestand geklassifiseer in die ICD-10[6] en DSM-5.[7] Dit is ook bekend as gender-niekonformiteit. Baie transgender mense en navorsers is teen die klassifikasie omdat dit ’n siekte maak van genderverskille en die idee van net twee geslagte afdwing,[8] en dit kan daartoe lei dat ’n stigma kleef aan transgender individue.[7] Die amptelike klassifikasie van genderdisforie as ’n steuring in die DSM-5 kan help om van die kwessies op te los, omdat dit net ’n steuring maak van die diepe disforie wat ervaar word as gevolg van die genderidentiteitskwessies.[7]

Behandeling

Die huidige mediese benadering tot die behandeling van mense met genderdisforie is om hulle te ondersteun in die fisieke verandering van hul liggaam sodat dit beter pas by hul genderidentiteit,[9] wat die beeld skep dat hulle ’n mediese probleem het wat deur verskeie vorme van mediese ingryping gekorrigeer kan word.[9][10] Sulke behandelings is ook omstrede, want dit is gewoonlik onomkeerbaar.[9]

Sien ook

Verwysings