Grover Cleveland

Stephen Grover Cleveland
22ste en 24ste President van die Verenigde State
Ampstermyn4 Maart 18854 Maart 1889
4 Maart 18934 Maart 1897
VoorgangerChester A. Arthur (1885)
Benjamin Harrison (1893)
OpvolgerBenjamin Harrison (1889)
William McKinley (1897)
Geboortedatum18 Maart 1837
GeboorteplekCaldwell, New Jersey
Sterftedatum24 Junie 1908
SterfteplekPrinceton, New Jersey
Eerste DameFrances Folsom
Politieke partyDemokraat
VisepresidentThomas A. Hendricks (1885)
Geen (1885–1889)
Adlai Stevenson I (1893–1897)
Handtekening

Stephen Grover Cleveland (18 Maart 183724 Junie 1908) was die 22ste en 24ste President van die Verenigde State. Hy is die enigste persoon wat twee nie-agtereensvolgende termyne as president gedien het (van 1885–1889 en 1893–1897[1]) en is gevolglik die enigste persoon wat twee keer getel moet word wanneer die aantal presidente bepaal word. Tydens sy tweede ampstermyn het Utah op 4 Januarie 1896 die 45ste deelstaat van die Verenigde State geword.[2][3][4]

Cleveland was 'n selfgeleerde regstudent, en werk as 'n prokureur en distriksprokureur van 1860 tot 1871. Hy was 'n voormalige burgemeester van Buffalo en goewerneur van New York, toe hy James Blaine in die 1884 presidensiële verkiesing verslaan het. Tydens sy bewind is hy geprys vir sy moed, eerlikheid en integriteit. Hy was minder gewild weens sy pogings om invoerbelasting te verlaag, sy gereelde veto van kongresbesluite en die sistematiese ignorering van die pers. Hy het die 1888-verkiesing aan Benjamin Harrison verloor, hoewel hy die meeste stemme nasionaal gekry het.

In 1892 het hy egter dieselfde Benjamin Harrison verslaan; sy tweede termyn het van 1893 tot 1897 gestrek. Hy is dwarsdeur daardie termyn gekonfronteer met 'n diep ekonomiese krisis, wat begin het net voor hy sy amp aangeneem het. Hy kon dit nie onder beheer kry nie, hoofsaaklik weens die gebrek aan 'n Sentrale Bank wat die geldvoorraad kon reguleer. Hy het egter daarin geslaag om die omstrede Sherman Silver Purchase Act van 1890, uitgereik deur Harrison, om te keer, wat van toe af goud in plaas van silwer as die basis van die monetêre stelsel geplaas het. ’n Maatreël wat ewe omstrede was.

In 1894 het hy federale troepe gestuur om die Pullman-staking te verbreek, wat baie as 'n klad op sy reputasie beskou het.

Cleveland is die enigste president van die Verenigde State wat twee nie-opeenvolgende termyne dien. Hy was ook die enigste president wat binne die Withuis getrou het. Op 2 Junie 1886 trou hy met Frances Clara Folsom, 27 jaar jonger as hy, sy op die ouderdom van 21, die jongste, en na die mening van baie, die mooiste presidentsvrou tot vandag toe. Sy vervang dus vir Rose Cleveland, die suster van die president, wat as presidentsvrou gedien het gedurende die voorhuwelikse tydperk.

Hy is op 24 Junie 1908 aan 'n hartaanval oorlede. Sy laaste woorde was: "Ek het alles probeer om dit reg te kry." Cleveland het geleef om 71 jaar oud te wees.

Kabinetslede: 1ste termyn

Portret
KabinetsledeMinisteriePeriodeBesonderhede
Thomas BoyardBuitelandse Sake1885–1889
Lucius LamarBinnelandse Sake1885–1888
William EndicottOorlog1885–1889
Daniel ManningFinansies1885–1887
Augustus GarlandJustisie1885–1889
William WhitneyMarine1885–1889
William VilasPosterye1885–1888
Binnelandse Sake1888–1889
Charles FairchildFinansies1887–1889
Donald DickinsonPosterye1888–1889
Norman ColmanLandbou1889

Kabinetslede: 2de termyn

Amptelike portret (2de termyn)
KabinetsledeMinisteriePeriodeBesonderhede
Walter GreshamBuitelandse Sake1893–1895Minister van Posterye / Finansies onder Chester A. Arthur
Hoke SmithBinnelandse Sake1893–1896
Daniel LamontOorlog1893–1897
John CarlisleFinansies1893–1897
Richard OlneyJustisie1893–1895
Buitelandse Sake1895–1897
Hilary HerbertMarine1893–1897
Wilson BissellPosterye1893–1895
Julius MortonLandbou1893–1897
Judson HarmonJustisie1895–1897
William WilsonPosterye1895–1897
David FrancisBinnelandse Sake1896–1897

Verwysings

Eksterne skakels