Likoed

(Aangestuur vanaf HaLikud)

Die Likoed (Hebreeus: הליכוד, uitspraak: 'lie-Koed', Afrikaanse betekenis: Eenheid) is 'n Israeliese politieke party van konserwatief-liberale oortuigings. Hulle is ook sekulêr-Sionisties, maar daar is 'n duidelike godsdienstig-Sionistiese invloed te bespeur.

Likoed
הליכוד
Logo van die betrokke party.
LeierBenjamin Netanyahu‎
Gestig1973 (alliansie)
1988 (verenigde party)
HoofkwartierMetzudat Ze'ev, 38 King George Street, Tel Aviv, Israel
IdeologieNasionale liberalisme, Liberale konserwatisme, Revisionistiese Sionisme (histories)
Webbladlikud.org.il

Geskiedenis

Likoed is die belangrikste middelregse party[1][2] in Israel. Dit is in 1973 gestig deur Menachem Begin in 'n alliansie met verskeie regse en liberale partye. Likoed se oorwinning in die 1977-verkiesing was 'n belangrike keerpunt in die land se politieke geskiedenis, wat die eerste keer die linker krag verloor het. Daarbenewens was dit die eerste keer in Israel se geskiedenis dat 'n regse party die meerderheid stemme wen.[3] Maar, nadat hulle die land vir die meeste van die 1980's regeer het, verloor die party die Knessetverkiesing in 1992.

Nietemin wen Likoed se kandidaat, Benjamin Netanyahu, die meeste stemme vir Eerste Minister in 1996 en ontvang dus die taak vir die vorming van 'n regering ná die 1996-verkiesing. Na 'n oortuigende oorwinning in die 2003-verkiesing, tref 'n groot skeuring Likoed in 2005, toe die Likoedleier Ariel Sharon die party verlaat het om die nuwe Kadima-party te stig. Dit het gelei tot Likoed se val tot die vierde plek in die 2006-verkiesing.

Na die 2009-verkiesing, het die party meeste van sy verliese herower, en kon dit die Israelse regering vorm onder leiding van die eerste minister, Benjamin Netanyahu. In die 2013-verkiesing het die party 20 setels verower op 'n gesamentlike lys met Yisrael Beiteinu. In die 2015-verkiesing het die party selfstandig 30 setels verower. In die 2019-verkiesing het die party 35 setels behaal, in die 2021-verkiesing opnuut 30 setels en in die 2022-verkiesing 32 setels.

Leiers

Die politieke leiers is:

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.