Hideki Tojo

Hideki Tojo (Japannees: 東條 英機 Tōjō Hideki; Tokio, 30 Desember 1884 - 23 Desember 1948, Tokio) was 'n Japannese militaris en politikus van die Tweede Wêreldoorlog.

Hideki Tojo
東條 英機
Hideki Tojo

Eerste Minister van Japan
Leier van die Taisei Yokusankai
Ampstermyn
17 Oktober 1941 – 22 Julie 1944
MonargShōwa
Voorafgegaan deurFumimaro Konoe
Opgevolg deurKuniaki Koiso

Minister van Oorlog
Ampstermyn
22 Julie 1940 – 22 Julie 1944
MonargShōwa
Voorafgegaan deurHata Shunroku
Opgevolg deurHajime Sugiyama

Persoonlike besonderhede
Gebore30 Desember 1884
Tokio, Japan
Sterf23 Desember 1948
Tokio, Japan
Politieke party Taisei Yokusankai
Eggenoot/-noteKatsuko Ito
Kind(ers)7
Alma materKeiserlike Japannese Weermagsakademie
Militêre Akademie
Handtekening

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Japan Japan
Diens/Tak Keiserlike Japannese weermag
Rang General
EenheidKwantung Weermag (1932-1934)
Oorloë/Veldslae26 Februarie-voorval
Tweede Sjinees-Japannese Oorlog
  • Operasie Chahar
  • Japannese inval van Mantsjoerye

Tweede Wêreldoorlog

ToekenningsGroot Kordon van die Orde van die Opkomende Son
Orde van die Goue Vlieër, 2de Klas
Orde van die Heilige Skat

Sy lewe tydens die Tweede Wêreldoorlog

Tojo was 'n kunstige generaal in die Japannese weermag. In 1933 is hy tot generaal-majoor bevorder en word die hoof van die Kantoleër in Mantsjoeko. In 1936 is hy tot luitenant-generaal bevorder. Tojo was één van die mense wat Japan in die oorlog betrokke gekry het. Hy was 'n aanhanger van die Groot-Japanse gedagte en het één Asië, gelei deur Japan, voorgestaan. Hy was die oorlogsminister tot 1941. In Oktober 1941 het hy soveel mag verkry nadat hy premier van Japan word, dat hy feitlik 'n diktator geword het.

As leier van Japan

Hoewel Tojo aanvanklik met die Amerikaners wou onderhandel oor hul sanksies teen Japan na die bloedige oorlog met China, was hy wel 'n voorstander van die aanval op Pearl Harbor in Desember 1941. Tojo kon egter nie die absolute mag inpalm nie, en het in 1944 sy bedanking ingedien na verskeie nederlae.