Holi

Holi (Sanskrit: होली) is een van die grootste feeste binne die Hindoegodsdiens. Die fees vind plaas op die maand Phaalguna van die Hindoekalender en word hoofsaaklik deur Noord-Indiërs gevier. Holi is ook bekend as die fees van kleure omdat deelnemers gekleurde water op mekaar gooi. Daar word ook gesê dat die fees gevier word om lente te verwelkom.

Holi-vieringe van 'n prins in sy harem

Mite

Holi is ook op die mite van die demoniese koning Hiranyakashipu gebaseer. Hiranyakashipu wou sy seun Prahlad, 'n sterk aanbidder van die god Wisjnoe, doodmaak. Hiranyakashipu het sy suster, Holika en Prahlada beveel om op 'n brandende vuur te sit, maar Hiranyakashipu het vir Holika spesiale klere gegee. Hierdie klere sou Holika teen die vuur beskerm, maar die vuur het Holika doodgebrand terwyl Prahlad die gebeurtenis oorleef het.[1][2]

Ander gebeure

Holi One-fees in Kaapstad

Daar is 'n aantal nie-godsdienstige en kommersiële feeste soos die Holi One Colour Festival en die Colour Run wat deur Holi geïnspireer is.[3]

Die Suid-Afrikaanse Hindoevereniging (SA Hindu Mahasabha) het die kommersiële feeste veroordeel. Volgens hulle kan die kommersialisering van enige godsdienstige geleentheid vir persoonlike wins nie aangemoedig word nie.[4]

Bronne