Istanbul Atatürk Internasionale Lughawe

Istanbul Atatürk-lughawe (voormalige IATA-kode: IST, ICAO: LTBA) was die belangrikste internasionale lughawe wat Istanboel, Turkye bedien het (gevolg deur Sabiha Gökçen Internasionale Lughawe), totdat dit gesluit is vir kommersiële passasiersvlugte op 6 April 2019. Hierna is alle vlugte na die nuwe Istanbul Lughawe verskuif.[1][2] Alle vragbedrywighede is ook op 5 Februarie 2022 verskuif, waarna die lughawe voortgegaan het om algemene lugvaart te bedien tot sy finale sluiting.

Istanbul Atatürk Lughawe
IATA: ISTICAO: LTBA
Opsomming
Tipe lughaweOpenbaar
EienaarAlgemene Direktoraat van Staatslughawens
OperateurTAV Lughawens
BedienIstanboel, Turkye
LiggingYeşilköy
Spil virAtlasjet
Pegasus Airlines
Turkish Airlines
Hoogte bo seevlak163 vt / 50 m
Koördinate40°58′34″N 028°48′51″E / 40.97611°N 28.81417°O / 40.97611; 28.81417 028°48′51″E / 40.97611°N 28.81417°O / 40.97611; 28.81417
Webtuistewww.ataturkairport.com
Landkaart
IST is in Turkye
IST
IST

Ligging in Turkye

Aanloopbane
RigtingLengteOppervlak
mvt
17L/35R3 0009 843Beton
17R/35L3 0009 843Beton
05/232 5808 465Gegroefde teer
Statistieke (2019)
Totale passasiers16 112 804
Internasionale passasiers11 876 601
Bron: Turkse Lugvaartinligtingspublikasie

Geskiedenis

Dit is in 1924 geopen en is geleë in Yesilköy, aan die Europese kant van die stad, 24 km (15 myl) wes van die sentrum van die stad. In 1980 is die lughawe herdoop na Atatürk Internasionale Lughawe ter ere van Mustafa Kemal Atatürk, stigter en eerste president van die Republiek van Turkye. Dit het oor die 51 miljoen passasiers bedien in 2013, wat dit die 17de besigste lughawe in die wêreld gemaak het in terme van totale passasiersverkeer en die 10de besigste in die wêreld in terme van internasionale passasiersverkeer. Dit was die 5de besigste lughawe in Europa in 2013, net na Amsterdam.[3][4]

Die Turkse Kamer van Siviele Ingenieurs lys Atatürk Internasionale Lughawe as een van die vyftig siviele ingenieursprestasies in Turkye. By die "Air Transport News" toekenningsgeleentheid van 2013 is Istanbul Atatürk-lughawe benoem as "Lughawe van die Jaar".[5] Die lughawe is ook benoem as "Beste Lughawe in Europa" in die 40-50 miljoen passasiers per jaar kategorie by die 2013 Wêreld Skytrax Lughawe toekenningsgeleentheid.[6]

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.