Japannese Argipel

Die Japannese Argipel (日本列島 Nihon Rettō?), wat die eilandnasie Japan vorm, strek van noord tot suid langs die ooskus van Asië, met die Stille Oseaan aan die ooste en die See van Japan in die weste. Die term Tuiseilande is teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog gebruik om die gebied van Japan te definieer waartoe die land se soewereiniteit en grondwetlike heerskappy van die Keiser beperk sou word. Die term word ook vandag gebruik om 'n onderskeid te tref tussen die argipel en Japan se kolonies en ander gebiede in die eerste helfte van die 20ste eeu.

Japannese Argipel
Inheemse naam: 日本列島 Nihon Rettō
Kaart van die Japannese Argipel
Kaart van die Japannese Argipel
Geografie
LiggingSee van Japan, Stille Oseaan
Koördinate37°31′N 137°42′O / 37.517°N 137.700°O / 37.517; 137.700 137°42′O / 37.517°N 137.700°O / 37.517; 137.700
ArgipelJapannese Argipel
Totale eilande3 000
HoofeilandeHokkaido, Honsjoe, Kioesjoe, Sjikokoe
Oppervlakte377 944 vk km
Hoogste puntFoedji 3 776 m
Administrasie
Vlag van Japan Japan

HoofstadTokio
Grootste stadTokio (13 617 445)

Demografie
Bevolking127 799 000

BevolkingsgroepeJapanners, Ainoe
Nasa-Satellietbeeld van Japan in 1999

Die argipel bestaan uit meer as 3 000 eilande, insluitend die vier hoofeilande. Die Japannese Argipel se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel. Saam met Foedji vorm die Japannese Alpe die belangrikste gebergtes van die Japannese Argipel.

Die vier hoofeilande

Die hoofeilande van noord na suid is:

Die Noordelike Streke

Die Koerile-eilande is 'n reeks vulkaniese eilande onder Russiese beheer wat vir ongeveer 1 300 km noordoos van Hokkaido, Japan, strek tot by die Kamtsjatka-skiereiland, Rusland, wat die See van Ochotsk van die Noordelike Stille Oseaan skei. Daar is altesaam 56 eilande en baie rotse. Japan maak aanspraak op die suidelikste Koerile-eilande wat ná die Tweede Wêreldoorlog deur Sowjetmagte beset is. Japan verwys na die eilande as die Noordelike Streke (北方領土 Hoppō Ryōdo) of Suidelike Chishima (南千島 Minami Chishima). Die eilande wat die onderwerp van die gebiedsgeskil is:

  • Kunashir in Russies (Кунашир) of Kunashiri in Japannees (国後島)
  • Iturup in Russies (Итуруп) of Etorofu in Japannees (択捉島)
  • Shikotan in beide Russies (Шикотан) en Japannees (色丹島)
  • Die Habomairotse in beide Russies (Хабомай) en Japannees (歯舞諸島)

Eilande in die See van Japan

Die eilande in die See van Japan:

Eilande in die Stille Oseaan

  • Izu-eilande
    • Aogashima
    • Hachijō
    • Izu Ōshima
    • Kōzu
    • Miyake
    • Mikura
    • Niijima
    • Shikine
    • Toshima
    • Tori Shima
  • Ogasawara-eilande
    • Chichi
    • Haha
    • Iwo Jima
    • Minami Torishima (Marcus-eiland)
    • Okino Torishima (Parece Vela)
  • Enoshima

Eilande om Kjoesjoe

Meeste van die eilande is in die Oos-Sjinese See

  • Amakusa
  • Gotō-eilande
  • Hirado
  • Hashima
  • Iki
  • Koshiki
  • Tsushima

Ryukyu-eilande

  • Amami Ōshima
  • Miyako
  • Okinawa-eiland (Okinawan-hoofeiland)
  • Senkaku-eilande – omstrede tussen Japan en China
  • Tanegashima
  • Yaeyama-eilande
    • Iriomote
    • Ishigaki
  • Yaku
  • Daito

Eilande in die Binnelandse See

  • Awaji
  • Etajima
  • Itsukushima (populêr bekend as "Miyajima")
  • Shōdoshima

Eilande in mere

  • Daikon-eiland

Kunsmatige eilande