Karaganda

Karaganda (Kasaks: Қарағанды, Russies: Караганда; ) is die hoofstad van die Karaganda-streek in Kasakstan. Dit is die vierde grootste stad volgens bevolking naas Almati (Alma-Ata), Noer-Soeltan (Astana) en Sjimkent. Die geraamde bevolking in 2020 was 497 777.[1] Karaganda lê sowat 230 km suidoos van Kasakstan se hoofstad, Noer-Soeltan.

Қарағанды
Karaganda


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Kasakstan Kasakstan
 Administratiewe gewesKaraganda
 Koördinate49°50′N 73°10′O / 49.833°N 73.167°O / 49.833; 73.167
 Stigting1951
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)497 777
 TydsoneUTC +6

Karaganda is die tuiste van baie mense van Duitse afkoms. Die meeste etniese Duitsers is deur Stalin na Siberië verban nadat Duitsland die Sowjetunie in 1941 binnegeval het. Tot in die 1950's was baie van hulle nog in strafkampe. Karaganda se inwonertal het van 1989 tot 1999, ná die verbrokkeling van die Sowjetunie, met 14% afgeneem. Sedertdien het sowat 100 000 mense na Duitland geïmmigreer. Karaganda was eens die grootste stad in Kasakstan naas Almati.

Verwysings