Kategorie 5 kabel

Kategorie 5 kabel, (ook: Cat5 / Cat5e), is 'n gedraaide draadpaarkabel wat ontwerp is om 'n hoë mate van integriteit in elektriese seine te verseker. Baie sulke kabels is onafgeskerm, maar kan ook soms met 'n afskermingskede voorsien word. Die Kategorie 5-spesifikasie is vervang met die Kategorie 5e spesifikasie. Hierdie soort kabel word dikwels gebruik in kabels vir rekenaarnetwerke soos Ethernet en word ook gebruik om baie ander seine te dra soos vir basiese telefoniese dienste.

Cat5 / Cat5e verbindingskoord

Gebruik en bedradingsmetodes

8P8C modulêre prop-pen posisies
TIA/EIA-568-B T568A Bedrading
PenPaarDraadKleur
131 wit/groen
232 groen
321 wit/oranje
412 blou
511 wit/blou
622 oranje
741 wit/bruin
842 bruin
TIA/EIA-568-B T568B Bedrading
PenPaarDraadKleur
121 wit/oranje
222 oranje
331 wit/groen
412 blou
511 wit/blou
632 groen
741 wit/bruin
842 bruin

Kategorie 5 (Cat5)

Die oorspronklike spesifikasie vir kategorie 5 cable was in ANSI/TIA/EIA-568-A gespesifiseer, met klassifikaasie in TSB-95. Hierdie dokumente spesifiseer die dienslewering-karakteristieke en toets-benodighede vir frekwensies tot 100 MHz.

Kategrie 5 kabels sluit vier gedraaide draadpare in 'n enkele kabelomhulsel in.

Sien ook:

Eksterne skakels